Slang byt slapende seun (5) op plaas
5
Inwoners spring in om slaggate te herstel
6
Bekende in hof ná vrou sterf ®
2 Februarie 2018
R6.00
Broekskeur op Modimolle
Dié boerseun is glad nie in sy skik met die bietjie water waarin hy deesdae moet bad nie. Groot dele van Modimolle was die afgelope week sonder krag en water nadat weerlig skade op die dorp aangerig het. Martiens Joubert, sanger en liedjieskrywer van die gewilde groep Juba en inwoner op die dorp, was ’n groot sport en het Die Pos se uitdaging vir ’n miniskuimbad aanvaar. Foto: Herman Steyn
Ronél van Jaarsveld Beledigings, pleidooie en beloftes het die afgelope week op Modimolle gevlieg. Munisipale werkers van die ModimolleMookgophong-munisipaliteit het teen Woensdag 31 Januarie vir die vierde dag weggebly van die werk omdat hulle nie betaal is nie. Vullis is nie verwyder nie en die munisipale- en lisensiekantore was gesluit. Inwoners kon ook nie hul rekeninge betaal nie. Groot dele van die dorp is sonder krag gelaat nadat weerlig Maandagnag der-
duisende rande se skade aan die kragnetwerk aangerig het. Dit het ook die watervoorsiening beïnvloed omdat daar nie vanuit die opgaardamme gepomp kon word nie. Groot vraagtekens hang maande lank al oor die toestand van die munisipaliteit se geldsake. Ná wanbetaling en ’n skuldlas van meer as R230 miljoen het Eskom gedreig om dorpe in die munisipaliteit se krag vroeg in Desember te sny. Dit kon betyds afgeweer word, maar daar is vrae of die afsnyproses nie weer gaan begin as Januarie se rekening nie betyds betaal word nie. Werknemers het ook in November hul salarisse laat ontvang. Beweringe dat instand-
houdingswerk (veral aan die elektrisiteitsnetwerk) nie gedoen is nie weens ’n tekort aan geld, word gereeld gemaak. Dit het tydens ’n raadsvergadering in November aan die lig gekom dat die portefeulje komitee vir finansies sewe maande gelede laas byeengekom het. Die prentjie wat hierdeur geskep word, is nie ’n gesonde een nie. Van die gefrustreerde inwoners dreig om ’n klas-aksie teen die munisipaliteit te begin om hulle te dwing om dienste te lewer. Ander aanvaar gedweë dat swak dienslewering “die nuwe normaal” is en buffer hulself teen krisisse soos dié week s’n deur
3 watertenks en kragopwekkers aan te skaf. Dit is egter nie binne almal se geldelike vermoëns nie. Die gespanne verhouding tussen die politieke bestuurspan, wat die burgemeester en speaker van die DA insluit, en die munisipale bestuurder, word verder gestrem deur vandeesweek se gebeure. Marlene van Staden, burgemeester, het in ’n mediaverklaring gesê die munisipale bestuurder, OP Sebola, en sy span is verantwoordelik vir die bestuur van die munisipaliteit se geldsake. Sy het gesê syself het ’n oorsigrol in dié geval gespeel en was ’n ooggetuie tydens Sebola se onderhandelinge met die unieverteenwoordigers op Maandag 29 Januarie. “Sebola het die werkers beloof dat hulle hul salarisse voor of op Vrydag 2 Februarie sal ontvang en dat hulle kan eis vir kostes wat veroorsaak is deur die laat betaling. “Ondanks die ooreenkoms wat met die unies bereik is dat die werkers op Dinsdag 30 Januarie weer sou begin werk, het die werkers steeds gestaak,” het sy gesê. “Ons is verbind daartoe om dié krisis so gou moontlik op te los en sal ondersoek instel na die redes waarom die munisipaliteit in so ’n benarde finansiële posisie is,” het sy gesê. Sy het gesê sy het die hulp van die Limpopo LUR vir tesourie, Rob Tooley, ingeroep en dat hy haar en die munisipale bestuurder op Dinsdag 30 Januarie besoek het. Volgens Van Staden is daar onderneem dat sy die finansiële state, waarvoor sy al herhaaldelik tevergeefs gevra het, aan die einde van Januarie van die administrasie af sal ontvang. Rufus Mahoro, koukusleier van die ANCraadslede, se kritiek was egter skerp. “Die DA speel die ‘blame game’. As iets reg verloop, vat hulle krediet daarvoor, maar as dinge moeilik raak, is dit iemand anders se skuld. Toe die ANC die munisipaliteit bestuur het, is werkers betyds betaal. Die simptome van dié probleem het in November al gewys. Die politieke bestuurspan, die munisipale bestuurder en die hoof- finansiële beampte moes voorsorg getref het,” het hy gesê. Die Pos het die afgelope week skriftelike navrae na die munisipaliteit se kommunikasieafdeling gestuur, maar teen druktyd geen reaksie van hulle ontvang nie.
8