ATKV Mediaveertjies 2013 - Beste plaaslike koerant Só moet inwoners hoes vir dienste Vrou steel glo baba by Modimall
Fourie sy pos as raadslid kwyt
3 ®
5
2 R6.00
2 Mei 2014
Riekert nóg ’n week aangehou Andries van der Heyde Lodewyk Riekert (45), ’n groentesmous van Bela-Bela wat van die moord op sy vrou, Mia, verdink word, het vandeesweek vlugtig vir die tweede keer in die Bela-Bela-landdroshof verskyn. Hy sou na verwagting op Dinsdag, 29 April, om borgtog aansoek doen, maar die saak is met nóg ’n week uitgestel. Riekert is sedert Paasnaweek in aanhouding. Riekert is Dinsdagoggend in ’n polisievoertuig hof toe gebring, waarna hy na die aanhoudingselle gelei is. Hy het ’n swart en rooi baadjie aangehad en het met twee plastieksakke vol klere sy plek in die beskuldigebank ingeneem. Hy het met sy vorige verskyning in die hof op Dinsdag, 22 April, ’n aanval in die aanhoudingLodewyk Riekert kom vandeesweek by die BelaBela-landdroshof aan. Hy word reeds meer as ’n week in die Kgosi Mampuru-tronk in Pretoria aangehou. Foto: Herman Steyn
Die Pos nou ook op Facebook en Twitter
Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za
selle gehad en dit het gelyk asof hy sukkel om asem te haal terwyl hy in die hof moes verskyn. Ná sy verskyning is hy na die Bela-Bela-hospitaal geneem waar hy onder polisiebewaking behandel is. Met sy tweede verskyning het hy weer tekens getoon dat hy glo sukkel om asem te haal en het ’n asmapomp gebruik, maar dié keer het hy rustiger voorgekom. Die hof het gehoor dat Riekert ’n ander regsverteenwoordiger aangestel het. Hy word nou deur Louis Hattingh, ’n prokureur van Kempton Park, verteenwoordig. Landdros Maggie Montana het om dié rede die borgaansoek uitgestel na Dinsdag, 6 Mei. Riekert moet in aanhouding bly tot dan. Volgens ao. Glen Manamela, polisiewoordvoerder op Bela-Bela, het Riekert en sy vrou die aand van haar dood aan die baklei geraak op hul hoewe op Noodhulp. Manamela sê dat Riekert sy vrou glo met ’n voorwerp oor die kop geslaan het, waarna sy erge hoofbeserings opgedoen het. Volgens bronne het Riekert se seun, Lodewyk jnr., ’n oproep van sy pa ontvang waarin hy glo gesê het dat daar “groot moeilikheid” by hul huis is. Lodewyk jnr. was glo by ’n geselligheid toe sy pa hom gebel het. Lodewyk jnr. en ’n vriend, Gerhard van Rensburg, het na die hoewe gery en Mia daar aangetref. Hulle het met haar na die St Vincent’s-hospitaal op die dorp gejaag, maar sy was glo reeds dood toe hulle daar aangekom het. Riekert is kort daarna in hegtenis geneem. Die egpaar het glo gereeld baklei en sy vrou het hom na wat verneem word op verskeie geleenthede verlaat. Sy was sy tweede vrou. ’n Verassingsdiens is vir haar op Vrydag, 25 April, by die El Shaddai-kerk op Bela-Bela gehou.
’n kans om gratis boeke te wen in ons sms-kompetisie WEN! WEN! WEN! Staan
16