BESTE PLAASLIKE KOERANT - LiN Media-toekennings vir 2015
Rioolkrisis op Mookgophong Inwoners boos oor leë krane
4 5
3 ®
R6.00
Riekert sê dit was die drankduiwel
2 Oktober 2015
Die bekende Amerikaanse aktrise Shannon Elizabeth (42) by een van die renosterwesies op Bela-Bela wie se ma deur stropers afgemaai is. Elizabeth neem dié naweek aan ’n pretstap op BelaBela deel vir die bewusmaking teen die stroping van renosters, leeus en olifante. Foto: Denford Studios
Stap saam met aktrise vir renosters
Keina Swart en Carina Bester Renosterstroping is buite beheer en die regering is kennelik nie by magte om dit te stuit nie. Al hoe meer privaatinstansies gooi deesdae hul gewig in die stryd om renosters te red en al hoe meer bekendes begin hul daartoe verbind om die renosterspesie van uitwissing te red. Prins Harry van Engeland het juis onlangs ’n paar maande vir dié doel in Afrika deurgebring. Die nuutste bekende wat haar tot die saak verbind het, is die Amerikaanse aktrise Shannon Elizabeth (42), wat onder meer in die bekroonde film American Pie en ook in Scary Movie gespeel het.
WEN! 16 Staan ’n kans om GRATIS boeke te wen in ons sms-kompetisie
Die onderneming Thaba Manzi buite BelaBela, wat ook ’n veilige hawe vir renosterwesies het, bied op Saterdag, 3 Oktober, ’n 1 km pretstap op hul gronde aan as deel van ’n wêreldwye inisiatief om staptogte aan te bied vir die bewusmaking teen die stroping van renosters, leeus en olifante. Pretstaptogte vir dié doel word in 134 dorpe en stede wêreldwyd aangebied. In Suid-Afrika vind daar staptogte in Johannesburg, Kaapstad en ook op BelaBela plaas. Thaba Manzi het reeds verskeie renosterwesies help grootmaak, maar was self al verskeie kere die slagoffer van gewetenlose stropers. Elizabeth, wat tans in die land is om renosterbewaring te steun, het die afgelope
5 CD’s vir 5 gelukkige lesers Meer op bl.
10
Die Pos op Facebook en Twitter. Web: diepos.linmedia.co.za
week op Thaba Manzi gekuier. Sy sal ook aan Saterdag se pretstap deelneem en inwoners is welkom om saam met haar te stap en kennis te maak. Die pretstap begin om 14:30, direk ná die Thaba Manzi Prestige-wildveiling wat vroeër die dag op dieselfde perseel aangebied word. Thaba Manzi is sowat 3 km buite Bela-Bela op die ou R101-pad. Van die teerpad af kan deelnemers die veilingsborde volg. Deelname is gratis. Die organiseerders nooi oud en jonk om saam te stap. T-hemde sal teen R100 verkoop word om fondse in te samel. Daar sal ook verversings te koop aangebied word en deelnemers sal van dié manjefieke diere kan sien. Deelnemers moet hoede, sonblok en
waterbottels saambring. Dit is die ideale geleentheid vir die hele gesin om hul ondersteuning aan ’n baie belangrike saak te bewys. Vir meer inligting bel vir Zenta Sonnendecker by 082 521 7771 of gaan loer op hul Facebook-blad by Rhino Pride Foundation. • Die pretstap is ’n voorloper van Red Rhino Day, wat in November vanjaar gehou word. Die geld wat met dié inisiatiewe ingesamel word, sal aangewend word om bestaande heinings, veiligheid en kameras by die sentrum te verbeter. Op dié dag in November sal gaste ook die renosters van nader kan bekyk, asook kan aansit vir ’n driegangmaaltyd, deelneem aan ’n veiling en skouers skuur met bekende sportsterre, kunstenaars en diereliefhebbers.