Die Pos 30 April 2015

Page 1

BESTE PLAASLIKE KOERANT - LiN Media-toekennings vir 2015 Hele gemeenskap staan saam teen booswigte

2

Ondersoekbeampte getuig in mesmoord-saak

5

6 ®

30 April 2015

R6.00

Fietsryer sterf nadat kameelperd hom aanval

Boer van Vaalwater twee keer

in gesig geskiet Marlene Vermaak

Die Van Drutengesin: Wiané (14), Wilma, Annika (11) en Ian.

WEN!

In die hoeveelste gru-aanval die afgelope paar maande op Vaalwater, is Ian van Druten (44) op Vrydag, 24 April, twee keer in die gesig geskiet. Hy was teen druktyd vandeesweek steeds in ’n kritieke toestand en kunsmatige koma in die Unitas-hospitaal in Pretoria. “Ek en Ian het net ná 02:00 die oggend opgestaan. Hy wou ’n draai by die stoor gaan loop om te kyk of alles reg is, en ek wou van die plaas se administrasie op datum te bring,” het sy vrou van die afgelope 18 jaar, Wilma, aan Die Pos vertel. Die egpaar se plaas is sowat 15 km buite Vaalwater op die ou pad na Lephalale. “Ian het sommer die agterdeur en staalhek oopgelos toe hy vinnig uitgeglip het. Hy het ’n flits by hom gehad. Ek het hom ewe skielik vreeslik hoor skree en het vinnig agterdeur toe gehardloop. Ek het gesien hoe hy op die grasperk voor die agterdeur met twee mans stoei,” het Wilma gesê. Sy sê sy kon sien hoe Ian wild na hulle toe slaan met die flits in sy hand. “Ek het verskriklik groot geskrik en inderhaas die staalhek probeer toeruk en sluit.” Sy het angstig bly kyk of iemand op pad na die huis toe is. “Ek het gesien een van die mans tel sy hand op met iets wat lyk soos ’n handwapen en het eers besef hy het ’n skoot afgevuur toe ek die rook by die loop sien uitkom. Die skoot het net links van my kop teen die muur langs die agterdeur vasgeslaan. Ek dink dit het my tot aksie laat oorgaan en ek het die staalhek gelos en die houtagterdeur toegeslaan en gesluit.” Daarna is Wilma inderhaas na haar Vervolg op bladsy 2...

Staan ’n kans om GRATIS boeke te wen in ons sms-kompetisie

12

Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Die Pos 30 April 2015 by Die Pos koerant/newspaper - Issuu