Bela-Bela se nuwe polisiehoof wil boewe vasvat
2
Skok ná jong man van Modimolle se gru-dood
3
Skole-atletiek sorg vir kykgenot ®
R6.00
30 Januarie 2015
31
’n Gesin van Thabazimbi het ’n noue ontkoming gehad nadat hul Jeep Cherokee op Woensdagoggend, 28 Januarie, op die S-draaie tussen Modimolle en Bela-Bela omgeslaan het. Volgens die polisie was die man, vrou en hul twee kinders onderweg na Bela-Bela toe die voertuig in ligte reën van die pad is, gerol en teen ’n wildheining tot stilstand gekom het. Volgens die polisie is hierdie ’n baie gevaarlike pad en motoriste word gemaan om baie versigtig daar te ry. Talle ongelukke het al op hierdie einste draai plaasgevind. Foto: Herman Steyn
DA sê hy sal sorg dat Mookgophong water kry Marietjie Steenkamp Grootkoppe van die Demokratiese Alliansie het Mookgophong die afgelope week besoek om ondersoek in te stel na die oorsaak van die aanhoudende waterkrisis. Die DA het op Woensdag, 21 Januarie, ’n klag by die menseregtekommissie gelê teen die Mookgophong-munisipaliteit oor die watertekorte, besmette drinkwater en die swak water-infrastruktuur op die dorp. Leon Basson, LP en DA skadu-adjunkminister van water en sanitasie, Lance Greyling,
WEN! WEN! WEN!
skadu-adjunkminister van energiesake, Desiree Van der Walt, DA-leier in Limpopo en Beyers Smit, DA-LP het die besoek op die dorp afgelê om ondersoek in te stel na die probleme. Volgens Van der Walt is dit die onkunde van die munisipaliteit wat die oorsaak van probleme met dienslewering is. In ’n mediaverklaring deur die DA het die munisipaliteit op Donderdag, 8 Januarie, aangekondig dat daar ’n moontlike ontwrigting in die watervoorsiening kon wees as gevolg van ’n ou waterpyplyn wat gebars het. Die gemeenskap is meegedeel dat dit binne enkele ure herstel sou wees. Dit het Staan ’n kans om gratis boeke te wen in ons sms-kompetisie
16
egter langer geduur en die inwoners was weer sonder water. “Die munisipaliteit se versuim om hul 14 boorgate op te gradeer, instandhoudingswerk te doen by die Frikkie Geyserdam, die vervalle boorgatpyplyn in die gebied te vervang, personeel by die waterwerke op te lei en die verouderde hoofpyplyn wat gedurig bars te herstel, is redes vir die waterkwessie,” lui die mediaverklaring. In November verlede jaar is die munisipaliteit deur die Noord-Gautengse hooggeregshof verplig om water aan inwoners te verskaf nadat daar ’n tekort was.
Die DA het ook ’n klag gelê by die Limpopo LUR van samewerkende regering, Makoma Makurupetje en die LUR van omgewingsake, Seaparo Sekoati, oor die riool wat in Nylsvlei inloop. Dit besmet die drinkwater en stel die lewens van inwoners in gevaar. “Ons het nog nie enige reaksie ontvang nie, maar die DA sal nie terugsit en toelaat dat die Mookgophong-munisipaliteit as gevolg van onbekwame munisipale bestuur, een van die heel basiese menseregte — die verskaffing van water — skend nie,” het Smit gesê.
Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER