Die Pos 30 Mei 2014

Page 1

Tuinier agter tralies ná wrede aanval

3

Polisie treiter vrou glo op pad

4

‘Onse Ina’ is die land se beste entrepreneur ®

R6.00

30 Mei 2014

16

Bobbejaankop voor skoolhoof se kantoor gevind Denise van Bergen

Persfotograaf van die jaar Herman Steyn (regs), Die Pos se veelbekroonde fotograaf, is op Vrydagaand, 23 Mei, tydens ’n glansgeleentheid in Benoni vir die vierde keer (die derde keer agtereenvolgend) aangewys as Sanlam/MDDA se persfotograaf van die jaar. Dit was veral sy foto’s van die Modimolle Monster-hofsaak, wat dié keer die aandag getrek het. Steyn het ook die kategorie vir geleentheidfoto’s gewen, waarvan die een van ’n perd wat oor ’n hek spring (bo) een was.

WEN! WEN! WEN!

Uiters vreemde voorvalle het die afgelope paar weke by Susan Strijdomskool op Modimolle plaasgevind. Volgens polisiewoordvoerder, ao. James Findlay, het iemand glo sowat drie weke gelede die geamputeerde ledemate van ’n bobbejaan voor die skoolhoof, David Selamolela, se kantoor en parkeerplek met draad opgehang. Selamolela het dit glo self verwyder sonder om dit by die polisie aan te meld. Op Donderdagoggend, 22 Mei, is die kop van ’n bobbejaan voor die ingangshekkie na die hoof se kantoor gevind. Dié keer is die polisie ontbied om die saak te ondersoek. Findlay sê dit lyk na ’n tipe dreigement, maar Selamolela kon glo nie vir die polisie enige indikasie gee of dit op homself (Selamolela) of op die skool gerig was nie. Die Pos het Selamolela die afgelope week gekontak, maar hy wou weens die sensitiwiteit van die saak nie met die media praat nie en het Die Pos na die voorsitter van die skool se beheerliggaam, Jane Lechelele, verwys. Lechelele het toegegee dat dit ’n ongewone situasie is. Volgens haar lyk dit asof hierdie dreigement of waarskuwing op die hoof gerig is, aangesien die dier se ledemate binne sý beweegruimte geplaas is, maar sy het bygevoeg dat dit ook kan beteken dat iemand ontevrede is met die

Staan ’n kans om gratis boeke te wen in ons sms-kompetisie

14

’n Bobbejaankop is Donderdag, 22 Mei, voor Susan Strijdomskool op Modimolle se hoof se ingangshekkie gekry.

manier waarop die skool bestuur word. Lechelele het dieselfde aand van die voorval ’n noodvergadering met lede van die beheerliggaam en Selamolela, aangevra. Daar is glo ooreengekom om ’n brief aan die plaaslike kringbestuurder van onderwys, Nick Maluleka, te rig sodat daar opgetree kan word en leiding aan die skool se beheerraad verleen kan word oor hoe om hierdie situasie te hanteer. Volgens Lechelele het so iets nog nooit voorheen by die skool gebeur nie. Sy sê dat indien daar ontevredenheid met die bestuur van die skool is, hulle met ’n oplossing vorendag sal moet kom om die probleem aan te spreek. Die Pos het ná die gebeure by die skool met ’n groepie van Susan Strijdom se leerders gesels om vas te stel hoe hulle daardeur

geraak is. ’n Paar van die leerders het gesê dat hulle nie in “hierdie soort ding” glo nie, maar dit was duidelik dat die meeste van die leerders met wie Die Pos gesels het, diep ontsteld was oor wat by die skool gebeur het. Een van die senior seuns het so ver gegaan as om te sê dat hy “baie bang” is en dat hy dink dié “dreigement” is teen die hoof self gerig. Lechelele het aan Die Pos gesê dit is sleg dat iemand skoolkinders op dié gruwelike wyse moes blootstel om hul ongelukkigheid te kenne te gee. Die Pos het ook met een van Modimolle se bekende “toordokters”, beter bekend as “Sangoma Mahlasela”, gesels om vas te stel wat dié opgekapte ledemate dalk beteken. Mahlasela het aan Die Pos gesê dat dit in sommige Afrikatradisies beslis ’n teken van gevaar of ongeluk (“bad luck”) vir ’n persoon beteken en dat iemand besig is om slegte dinge vir die ander persoon te beplan. “Die boodskap wat hier deurgegee word, is dat die persoon sy oë moet oopmaak en van sy voete af moet opstaan. Met ander woorde: die probleem moet raaksien en iets daaromtrent gedoen word, óf... “In my kultuur word geglo as die persoon op wie die waarskuwing gerig is, dit daar laat sonder om aandag daaraan te gee, slegte dinge met hom kan gebeur. “Hierdie spesifieke gebeurtenis is nié noodwendig heksery (“witchcraft”) nie, maar dit kán ook wel wees,” het hy verduidelik.

Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.