Die Pos 30 Oktober 2015

Page 1

BESTE PLAASLIKE KOERANT - LiN Media-toekennings vir 2015

Riekert hoor eers aanstaande jaar

2

Chaos by Modimunisipaliteit

4

®

30 Oktober 2015

R6.00

Broers sterf in huisroof Imtiaz en Riaz Abdool is op Donderdag, 22 Oktober, tydens ’n huisroof op Modimolle doodgeskiet. Ronél van Jaarsveld Die gemeenskap van Modimolle is geskok nadat twee broers in die vroeë oggendure op Donderdag, 22 Oktober, tydens ’n gewapende rooftog by hul huis in die As Salaam-woonbuurt op die dorp doodgeskiet is. Imtiaz en Riaz Abdool was die eienaars van Jakes Cycles in die hoofstraat. Die winkel is in 1945 deur hul oupagrootjie begin en later jare deur hul pa, Jakes, oorgeneem. Volgens ao. James Findlay van die Modimolle-polisie het vier onbekende mans die huis se traliehek en deur oopgeforseer. Die broers is albei in die kamer wat hulle gedeel het, in die bors geskiet. Basheer Abdool, hul broer, sê dat sy ma, Amina (70) en suster, Sajida en haar twee kinders, wat onderskeidelik drie jaar en agt maande oud is, ook tydens die aanval in die huis was. “Die aanvallers het my ma en suster wakker gemaak en een van hulle het geskree. Kort daarna het die skote geklap. Ons vermoed dat Imtiaz of Riaz reageer het toe hulle die gil hoor en toe geskiet is,” het ’n aangedane Basheer gesê.

“Hulle het my ma, wat oud is, en my suster in die kamer geboender waar my broers gelê het. My ma het herhaaldelik probeer om by ’n telefoon uit te kom om hulp vir my broers te ontbied, selfs al het hulle ’n geweer teen haar kop gehou,” het hy gesê. Nadat die aanvallers weg is, kon sy Basheer bel. “Ek het dadelik gehardloop. My broers het op die grond gelê. Imtiaz het gesê dat hy pyn het en ek het later probeer om mond-totmond asemhaling toe te pas, maar ná ’n ruk besef dat hy weg is. Riaz was baie onrustig en wou heeltyd opstaan. By die F.H. Odendaalhospitaal op die dorp het ons ’n halfuur lank vir ’n dokter gewag, en Riaz is in dié tyd dood,” het Basheer gesê. “My ma het reeds geweet Imtiaz is dood, maar ek kon nie vir haar sê dat haar ander seun óók weg is nie,” het Basheer huilend aan Die Pos vertel. Die broers is dieselfde dag om 19:00 begrawe. Die polisie het spore tot by die teerpad op pad tolhek toe gevolg. Die aanvallers het met ’n onbekende hoeveelheid kontant gevlug. Niemand is aangekeer nie. Twee sake van moord en een van huisroof word ondersoek. Dié voorval volg drie weke ná ’n huisroof in dieselfde woonbuurt. In die vorige geval is niemand beseer nie en slegs selfone gesteel. Daar was ook die afgelope maand ’n inbraak in die buurt. Zunaid Mosam, ’n familievriend, is ontsteld omdat dié woonbuurt glo deur die polisie afgeskeep word. “Ons is baie afgesonder en dit is maklik vir aanvallers om te ontsnap omdat die N1-snelweg naby is. Ons het al voorheen met die polisie gepraat en gevra dat daar meer gereeld patrollies gedoen word,” het hy gesê. Die Indiër-gemeenskap het op Maandag, 26 Oktober, vergader om hul veiligheid te bespreek. “Ons kyk daarna om betrokke te raak by AfriForum en die Nyliebuurtwag,” het Asim Mosam, Zunaid se pa, gesê. “Ons sal iets moet doen om onsself te beveilig. Ons lewe nou in vrees.”

Vermeende aanvaller glo met dwelms deurmekaar Anne Hoffman, ma van die vermoorde Lindie Bosch-Jansen, ’n onderwyser van BelaBela, het die afgelope week hartverskeurend gehuil tydens die vermeende moordenaar se hofverskyning. Sy het van vroeg af by die Bela-Bela-landdroshof gewag vir haar dogter se vermeende aanvaller om te verskyn. Hoffman is deur lede van die Bela-Bela Crime Support-groep bygestaan en getroos. Lees ook berig op bl. 3. Foto: Herman Steyn

WEN!

Staan ’n kans om GRATIS boeke te wen in ons sms-kompetisie

16

Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.