ATKV Mediaveertjies 2013 - Beste plaaslike koerant
Kleintjies laat waai
28
Hou vir Wagter koel 18
®
31 Januarie 2014
R6.00
Hewige reënbui eis lewe op R33-pad ’n Hewige reënbui het ’n motorbotsing op die R33-pad tussen Vaalwater en Modimolle veroorsaak waarin een persoon gesterf het.
Marlene Vermaak ’n Hewige reënbui wat tussen Vaalwater en Modimolle uitgesak het, het gelei tot ’n tragiese ongeluk waarin een persoon gesterf het. Drie voertuie was op Vrydag, 24 Januarie, om ongeveer 13:30 in ’n botsing op die R33-pad betrokke. Die een insittende is op die toneel dood verklaar terwyl twee ander in ’n kritieke toestand na die naaste hospitaal vervoer is. Een van dié passasiers is intussen ontslaan. Volgens ’n ooggetuie van Lephalale, Lenta Pretorius, was hulle op pad Mookgophong toe vir ’n atletiekbyeenkoms
Die Pos op Facebook en Twitter
toe hulle op die ongelukstoneel afgekom het. “Ons vermoed dat die een voertuig in die pad gestop het as gevolg van die hewige reën, en dat die ander voertuie toe daarin vasgery het. Ons kon self omtrent niks sien nie omdat die reën so hard geval het,” het Pretorius aan Die Pos gesê. Volgens Pretorius het die omstanders en voertuie wat gestop het om te help, byna die hele pad vol gestaan en het dit later baie moeilik vir ander voertuie begin word om verby te kan ry. Die botsings het vermoedelik ’n ontploffing veroorsaak. Volgens brig. Hangwani Mulaudzi, polisiewoordvoerder in Limpopo, is daar ’n saak van strafbare manslag oopgemaak. Geen name kon teen druktyd bekend gemaak word nie.
Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za / www.diepos.com
Olifant beseer hanteerder Andries van der Heyde ’n Olifanthanteerder van Adventures with Elephants by die Zebula-ontwikkeling buite Bela-Bela is glo op Sondag, 26 Januarie, deur ’n olifantbul aangeval. Volgens Sean Hensman, eienaar van Adventures with Elephants, het die reservaat se olifanthanteerder, David Mupupu (34), probeer om ’n 16-jarige olifantbul weg te lei van ’n boom wat tydens die vorige nag se storm op ’n heining geval het. Die olifant het glo probeer om die blare van die boom te eet. Hensman het aan Die Pos gesê daar was geen besprekings vir olifantritte op dié dag nie en die diere het vrylik onder die hanteerders te toesig rondgeloop. Hensman sê teen laatmiddag het die hanteerders die olifante probeer terugskuif na die olifanthokke toe, maar die 16-jarige bul het glo weggebreek van die trop en teruggekeer na die boom by die heining. Mupupu het glo weer probeer om die olifant weg te lei, maar die olifant het na bewering na hom toe gedraai, hom neergeslaan met sy slurp en hom teen ’n boom vasgedruk. In die proses het die olifant se tand Mupupu se been raakgesteek. Die ander hanteerders het dadelik tot sy redding gekom en die olifant het Mupupu dadelik gelos, sonder om verdere aggressie te toon. Mupupu het ruggraat-, been- en bolyfbeserings in die voorval opgedoen, maar sy toestand was nie kritiek nie, het Hensman gesê. Volgens Frikkie Gous, woordvoerder van LifeMedambulansdienste, het die bestuur van die reservaat Mupupu in ’n private voertuig na Bela-Bela vervoer. LifeMed se nooddienste het hulle langs die pad ontmoet. Mupupu is deur die paramedici gestabiliseer en na die Bela-Bela-hospitaal geneem, vanwaar hy later oorgeplaas is na die Muelmed-hospitaal in Pretoria, waar hy tans aansterk. Hensman het gesê dit gaan goed met Mupupu en hy behoort binnekort weer op die been te wees. “Ons olifante is gewoond daaraan om persoonlike interaksie met ons hanteerders te hê en David en die 16jarige olifant is al vir baie jare deel van ons familie. Om veiligheid toe te pas het ons die olifant tydelik geïsoleer om die ondersoek af te handel,” het Hensman gesê. Hy het bygevoeg dat hulle nie die olifant van kant gaan maak nie.
’n kans om gratis boeke te wen in ons sms-kompetisie WEN! WEN! WEN! Staan
18