Die Pos 31 Julie 2015

Page 1

BESTE PLAASLIKE KOERANT - LiN Media-toekennings vir 2015

Shock after arm was found

2

Trauma nadat huis afbrand

3

6 Almal koer oor ‘AB se baby’ ®

31 Julie 2015

R6.00

Gemeenskap staan saam tydens staking

Kobus Degenaar, Fanie Kriel, Willie Pienaar en Johan Kriel is op dié foto besig om as vrywilligers pampoen te skil tydens die staking by die Naboom Tehuis vir Bejaardes. Marietjie Steenkamp Terwyl stakende werkers buite die hek van die Naboom Tehuis vir Bejaardes op Mookgophong dans en sing, gaan die gewone roetine ongesteurd binne die tehuis voort. Sowat 32 vrywilligers uit die gemeenskap het ingespring en werk in drie skofte om

sake te laat vlot. Die 41 werkers wat binne en buite die tehuis werk, het op Dinsdag, 21 Julie, begin staak. Die stakers het ’n lys van eise, waarvan die belangrikste ’n loonverhoging van 20% is. Daar is reeds sedert Maart samesprekings met die werknemers, wat lede van die vakbond National Union of Public Service and Allied workers (NUPSAW) is. ’n

Een van die stakers by die Naboom Tehuis vir bejaardes, wat onder meer ’n 20% loonverhoging eis. Ooreenkoms kon egter nie tussen die werknemers en die beheerliggaam bereik word nie en die saak is na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (CCMA) verwys. Dié sitting het op Vrydag,10 Julie, in Polokwane plaasgevind, maar nadat ’n ooreenkoms weer nie bereik is nie, het die CCMA die werknemers magtiging gegee om te staak. “Nadat voorvalle van intimidasie

WEN!

voorgekom het, het die staking in volle swang afgeskop en werkers wou glad nie oor die 20% loon-eis onderhandel nie,” het Hercules Louw, bestuurder van die tehuis, aan Die Pos gesê. Die stakers eis verder dat hul pensioenfonds na ’n maatskappy van hul keuse moet skuif, hulle wil ’n skoentoelaag van R700 per jaar hê, ’n vervoertoelaag van R300 per jaar en die verlofbeleid moet verander. Volgens Louw is daar weens die wetsverandering in 2014 nuwe diensvoorwaardes opgestel in ooreenstemming met die nuwe beleid. Die beheerliggaam het die vakbond ook versoek om dit te implementeer, maar niks is daaraan gedoen nie. “Die diensvoorwaardes het verander, maar die kontrakte van 20 jaar gelede is nog dieselfde,” het Louw gesê. Nadat die staking begin het, is ’n noodplan by die tehuis ingestel en vrywilligers van al die kerke op die dorp het hulp in die kombuis en wassery verleen. Die vrywilligers help ook met die skoonmaak, vullisverwydering en veiligheidsmaatreëls by die tehuis. “Die inwoners van die tehuis se ouderdomme wissel van 70 tot 100 jaar en hulle het intensiewe versorging nodig. Die ondersteuning van die gemeenskap is ongelooflik en is vir drie maande volhoubaar,” het Louw voorts gesê. Die susters wat nie staak nie, werk dubbele skofte sonder vergoeding en Mokone du Preez, een van die sakemanne op Mookgophong, voorsien saans sop en brood aan die bejaardes. Op Saterdag, 25 Julie, het die stakers die toegangshek met stompe en pype versper, maar die boere van die omgewing het dit verwyder en toegang is weer verkry. Die staking duur voort.

Staan ’n kans om GRATIS boeke te wen in ons sms-kompetisie

20

Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.