Vurige humeure by vergadering
2
Lyk in grot op Kranskop gevind
3
Nylie-Nuus
Binne ®
3 Junie 2016
R6.00
Kommer oor nuwe
Die Tsakane-nedersetting op die Eersbewoond-pad buite Bela-Bela se sinkhuisies strek nou tot teenaan die pad en het talle van hulle bure met die hande in die hare. Volgens ’n lid van die Tsakane-inwonerskomitee is daar egter “geen rede tot kommer nie”.
plakkerskamp Andries van der Heyde Die onwettige plakkerskamp op die Alma-pad buite Bela-Bela is nie die inwoners van dié dorp se enigste kopseer nie. Inwoners het die afgelope ruk met skok aanskou hoe nóg ’n plakkerskamp — die Tsakane-nedersetting op die Eersbewoondpad — se sinkhuisies tot teenaan die pad uitbrei. Deon Beukes, ondervoorsitter van die gemeenskappolisiëringsforum (GPF) vir Sektor 1 en eienaar van ’n karavaanpark naby dié plakkerskamp, het aan Die Pos gesê hy en ander grondeienaars het vroeër ’n petisie aan die Bela-Bela-munisipaliteit gestuur om die plakkers te verwyder, maar dit het op dowe ore geval. ’n Privaat eienaar het die stuk grond glo jare gelede aan die Waterberg-distriksmunisipaliteit verkoop, maar daar is talle vrae oor die korrekte prosedures, sonering, asook impakstudies vir basiese dienste op die grond, het Beukes gesê.
“Misdaad is redelik onder beheer in dié omgewing, maar diefstalgevalle vind plaas. Ons beskou die plakkerskamp as ’n risiko omdat sulke nedersettings die verkeerde inwoners kan lok en daarom vereis die GPF optrede teen hierdie nedersetting,” het Beukes gesê. Kol. Lindie Marx, stasiebevelvoerder van die Bela-Bela-polisie, het by navraag gesê sy is besig om ’n vergadering met Morris Maluleka, munisipale bestuurder, te reël om duidelikheid te kry of die plakkerskamp wettig is of nie. Maluleka het by navraag gesê hy sal die saak met Precious Raputsoa, hoof van beplanning en ontwikkeling, opneem. Andries Mojela, voorsitter van die Tsakaneinwonerskomitee, het in ’n gesprek met Die Pos gesê die stuk grond is munisipale grond. Hy sê daar was vroeër sprake daarvan dat die grond vanaf die Waterbergdistriksmunisipaliteit na die Bela-Belamunisipaliteit oorgedra sou word, maar hy is onseker waar dié proses tans staan. Die Tsakane-nedersetting vorm deel van
Wyk 7 in die Bela-Bela-omgewing. Die wyksraadslid is John Sesane. Mojela sê hy en tien ander inwoners vorm saam die inwonerskomitee van Tsakane. Volgens Mojela is dié stuk grond vroeër jare as ’n nedersetting vir plaaswerkers in die omgewing tot stand gebring en was daar basiese dienste vir die inwoners. Hy sê daar is tans ongeveer 1 500 mense wat op die grond woon en die Bela-Belamunisipaliteit is besig om die basiese dienste op Tsakane uit te brei. Hy het gesê die inwonerskomitee is verantwoordelik daarvoor om weens die nood vir behuising stukke grond vir behuising aan nuwe inwoners toe te staan, sonder dat mense daarvoor betaal. Mojela het gesê daar is bewerings dat van die grond op ’n onwettige manier aan nuwe inwoners verkoop word, maar dié situasie word “verkeerd geïnterpreteer”. Die potensiële inwoner hoef slegs vir die skoonmaak van die uitgemerkte erf te betaal en die betaling gaan aan die persoon wat die erf skoongemaak het — daar is geen ander
Foto’s: Herman Steyn
koste nie, het hy gesê. Inwoners kan as hulpbehoewendes by die munisipaliteit registreer om gratis water en elektrisiteit te kry. Die feit dat die Tsakane-nedersetting in ’n vleilandgebied geleë is, het die inwonerskomitee laat besluit om geen verdere huishoudings te akkommodeer nie aangesien van die wonings kan verspoel indien dit baie reën, het Mojela gesê. “Ons is almal baie gelukkig hier in Tsakane en is nie hier om moeilikheid vir enige omliggende inwoner te veroorsaak nie. Die munisipaliteit voorsien in al ons behoeftes,” het Mojela gesê. * Die Pos het vroeër verneem die registrasies vir hulpbehoewendes wat minder as R3 000 per maand verdien en wat vir gratis basiese dienste aansoek gedoen het, het in die laaste finansiële jaar van 3 600 na ongeveer 4 600 toegeneem. In die munisipaliteit se mediumtermynbegroting vir 2016/2017 word daar vir 5 000 huishoudings voorsiening gemaak waar R52,4 miljoen vir gratis dienste begroot is.
12