Die Pos 3 Mei 2013

Page 1

®

www.buildersdiscount.co.za

R6.00

3 Mei 2013

— Beste plaaslike koerant

Hoofnuus

Skare bestorm gebou

diepos.linmedia.co.za

Skok ná Bogaards se vonnis Ingrid Pepler Boodskappe van troos en ondersteuning stroom steeds in ná die skoknuus dat Jaco Bogaards, gemeenskapsleier en voorsitter van die Waterberg Distrikslandbou-unie, tot drie jaar tronkstraf gevonnis is. Bogaards is op Vrydag, 26 April, in die Modimolle-streekhof vier jaar tronkstraf opgelê omdat hy ses jaar gelede skuiling aan Herman van Rooyen en Rudolph Gouws, twee ontsnapte Boeremaglede, op sy plaas Waterbessiefontein buite Modimolle gebied het. Een jaar van Bogaards se tronkstraf is voorwaardelik opgeskort. Familie en vriende wat die hofverrigtinge Vrydag bygewoon het, was sigbaar ontsteld toe die vonnis opgelê is. Voordat Bogaards na Pretoria gebring is waar hy sy tronkstraf nou uitdien, het hy sy vrou, Bess, twee dogters, Ezelke en Leoné, en seun, Tian, styf teen hom vasgedruk. “Kyk asseblief mooi na my vrou en kinders,” het hy vir sy vriende gevra. Bogaards het vroeër aan Die Pos gesê: “Die reg moet sy gang gaan. Maak nie saak watter kant toe nie, ek weet die Here is in beheer. As ek tronk toe moet gaan, dan weet ek dit is deel van Sy plan vir my lewe.” Bess het vandeesweek aan Die Pos gesê: “Jaco dien nog steeds die gemeenskap — nou

Oproeriges breek munisipale hek af BLADSY 2

Dorp het groot planne Naamborde, nuwe bome en kameras teen boewe BLADSY 3

Alles net groot genade

Bess Bogaards van Modimolle omhels haar dogter buite die hof nadat sy in 2008 gehoor het haar vonnis op aanklag dat sy en haar man twee vermeende Boeremaglede gehuisves het, is in geheel opgeskort. Jaco, voorsitter van die Waterberg Distrikslandbou-unie, is verlede week in die streekhof op Modimolle tot drie jaar effektiewe tronkstraf gevonnis.

Sakeman praat oor drama in Sunnyside BLADSY 6

net by ’n ander adres. Hy weet die Here het ’n doel met hom in die gevangenis en hy weet ook dat sy geloof hom hierdeur sal dra.” Volgens Bess is die gesin aangedaan oor die oorweldigende steun van die Waterberg-gemeenskap. “Dit maak ons nederig en versterk ons geestelik en emosioneel,” het Bess gesê. “Die telefoon hou nie op lui nie en ons het sedert Vrydag al soveel besoeke ontvang.” Sy het die gemeenskap, vriende en familie bedank vir hul ondersteuning. Vaalbos Plaveisel, die gesin se familieonderneming van die afgelope 20 jaar, gaan normaalweg voort, het sy gesê. Meer as ses jaar het al verloop sedert Bogaards aanvanklik op Saterdag, 13 Januarie 2007, saam met sy vrou deur taakmaglede van die polisie in hegtenis geneem is en nege dae lank in die polisieselle op Bela-Bela aangehou is. ’n Lang en uitgerekte hofstryd het toe vir die gesin begin. In 2008 het regter Joe Raulinga (wat toe nog ’n streeklanddros was) vir Bogaards en sy vrou Bess in die Modimolle-streekhof skuldig bevind ingevolge die Terreurwet. Die staat het aangevoer hulle was bewus daarvan dat Van Rooyen en Gouws op hul plaas was en het versuim om dit by die polisie aan te meld. Bogaards is toe tot vyf jaar tronkstraf gevonnis. Twee jaar van dié vonnis is opgeskort. Raulinga het Bess tot twee jaar gevangenisstraf gevonnis. Haar vonnis is in geheel vir vyf jaar opgeskort. Verlof tot appel teen Bogaards se vonnis is toegestaan. In November 2011 is Bogaards se vonnis deur die appèlhof tot vyf jaar verleng ondanks ’n verdeelde regbank. Op 28 September verlede jaar het die Grondwetlike Hof in ’n verdeelde uitspraak sy appèl teen sy skuldigbevinding van die hand gewys en die saak weer terugverwys na die streekhof vir oplegging van vonnis. Adv. Gerrit Muller SC het namens Bogaards verskyn.

DIESEL

? Tel (014) 717 4000

Ladies & Gents Hairstylists

Pick ’n Pay sentrum, Winkel 6, Nelson Mandela straat,

Nylstroom

HEAD OFFICE — BELA-BELA: (014) 736 2723 FAX: (014) 736 3428 ADV: 082 461 4011

MODIMOLLE— NEWS: (014) 717 1776 ADV: (014) 717 1774/082 421 4429 FAX: (014) 717 2191

NABOOM: 076 035 9082 VAALWATER: 076 032 9661

ADS: diepos@icon.co.za. NUUS: dieposnuus@icon.co.za diepos-nylstroom@icon.co.za. WEBSITE: diepos.linmedia.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Die Pos 3 Mei 2013 by Die Pos koerant/newspaper - Issuu