Die Pos 3 Oktober 2014

Page 1

Nie ’n druppel water in die krane

2

Ontvoerde baba ná maande teruggevind

4

Nylies skitter by afskeid ®

R6.00

3 Oktober 2014

28

Voormalige staatspresident se sekretaresse

vermoor Andries van der Heyde

Lynette Lavender (60), wat verlede week in haar huis op Rust de Winter vermoor is.

WEN! WEN! WEN!

Staan ’n kans om gratis boeke te wen in ons sms-kompetisie

16

Lynette Lavender (60), ’n voormalige sekretaresse van Pik Botha (gewese minister van buitelandse sake) en PW Botha (gewese staatspresident), is verlede week op haar hoewe op Rust de Winter vermoor. Volgens Brian Lavender, haar broer, het die polisie op Donderdag, 25 September, op haar liggaam in haar huis afgekom. Sy is vermoedelik dood weens hoofbeserings. Volgens Brian het vriende van sy suster dié Donderdagoggend haar rooi Chevy Spark op Rust de Winter gesien, maar ’n onbekende man het die voertuig bestuur. Lynette het vermoedelik toe reeds ’n paar dae dood in haar slaapkamer gelê. “Ek en my vrou, Elsa, het beplan om na Bela-Bela te verhuis om nader aan Lynette te wees, want sy het nooit getrou nie en alleen gewoon. Ons was geskok toe ons hoor sy is vermoor.” Haar broer het aan Die Pos gesê daar is van haar bloed in die huis gekry. Behalwe vir haar voertuig, is nog ’n paar items uit die huis vermis. Vier mans, Collen Mhlonga Mapondo, Samuel Molambo, Paul Isack Sethole en Albert Bobobo Mangongo, almal Zimbabwiërs, is dieselfde aand nog deur die Rust de Winter-polisie in Soshanguve naby Pretoria in verband met haar se dood in

hegtenis geneem. Die vermiste items, asook die motor, is alles teruggevind en reeds aan Brian terugbesorg. “Die Rust de Winter-polisie was regtig vriendelik, behulpsaam en hul pogings om die saak opgelos te kry, is merkwaardig,” het Brian gesê. Die vier verdagtes het op Maandag, 29 September, vlugtig in die Bela-Belalanddroshof verskyn. Die saak is uitgestel tot Woensdag, 8 Oktober. Die mans word steeds aangehou. Volgens Brian het een van die verdagtes die afgelope ruk by sy suster gewerk. Lynette was in die vorige bedeling onder meer betrokke by diplomatieke dienste in Suid- en Noord-Amerika. Voor 1994 het sy ook baie nou saamgewerk met Lucas Mangope, voormalige leier van Bophuthatswana, het Brian gesê. Ná die 1994-verkiesing het sy met vervroegde pensioen afgetree en later na Buffelsdrift by Rust de Winter verhuis. “Sy was regtig ’n harde werker, lief vir die natuur en lief vir die Here. Haar motto in die lewe was om goed vir ander te wees, dan sal hulle ook goed vir jou wees, maar nou het die ergste met haar gebeur,” het Brian gesê. Roudienste is reeds vir haar by die Lama Lama-wildreservaat op Rust de Winter en op Bronkhorstspruit gehou. Sy word oorleef deur haar twee broers, Brian en Deryck Lavender.

Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.