Die Pos 4 April 2014

Page 1

ATKV Mediaveertjies 2013 - Beste plaaslike koerant Twee renosters by lodge buite Vaalwater geskiet Bouwerk by Bela-Bela-sentrum ná maande hervat

2 ®

7

R6.00

4 April 2014

Chaos by nuwe brug op Vaalwater

3

Groot gemors Die munisipale stortingsterrein op Bela-Bela het volgens inwoners nou ’n baie gevaarlike plek vir inwoners, veral vroue, geword. Dié foto’s is vandeesweek daar geneem. Foto’s: Herman Steyn

Die Pos nou ook op Facebook en Twitter

Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za

Andries van der Heyde Die stortingsterrein op Bela-Bela het só agteruitgegaan dat inwoners aan Die Pos gesê het hulle is te bang om soontoe te gaan. Dié terrein het erg deurgeloop onder die onlangse vloede, maar daar is ook ander probleme wat nou kopuitsteek. Talle mense stort nie meer hul vullis binne-in die terrein nie, maar eerder buite langs die pad, wat ook na die dorp se rioolplaas lei. Met Die Pos se besoek was dié hele gebied meer as net ’n gemors. Van die begin van die pad af (in die sakegebied langs die

skougronde) wat na die terrein lei, lê berge vullis tot by die ingangshekke van die terrein. Die mense wat op die asgate woon, sak op enigeen toe wat hul vullis op die terrein wil stort en bedel dan vir ’n vale in ruil daarvoor om te help vullis aflaai. Talle mense op Bela-Bela het aan die Pos gesê dat dit vir hulle ’n risiko geword het om die terrein te besoek en dat veral vroue glad nie alleen soontoe behoort te gaan nie. Sakelui naby die terrein is ook bekommerd oor die mense wat daar woon, omdat hulle meen dié mense is moontlik verantwoordelik vir die toename in misdaad in die omgewing. Lees verder op bl. 2.

’n kans om gratis boeke te wen in ons sms-kompetisie WEN! WEN! WEN! Staan

16


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.