Die Pos 4 Desember 2015

Page 1

BESTE PLAASLIKE KOERANT - LiN Media-toekennings vir 2015

Geen spoor van groot ‘skatte’

2

Diewe se visier op broodbome

3

Munisipaliteit oortree hul eie reëls

5

®

4 Desember 2015

R6.00 ’n Geskokte Sybil van der Berg word deur omstanders en bure vertroos nadat hulle moes toekyk hoe haar hele huis op Modimolle deur vlamme verteer word. Foto’s: Herman Steyn

Brand laat spoghuis in puin Ronél van Jaarsveld ’n Praghuis op die Koro Creekgholflandgoed buite Modimolle is op Maandagmiddag, 30 November, deur vlamme verteer terwyl die eienaar en inwoners magteloos toegekyk het. Die eienaar, Sybil van der Berg, is deur bure vertroos terwyl die brandweer die vlamme geblus het. Meubels wat inderhaas uit die huis gesleep is, het buite gestaan en brandweermanne het vensters gebreek om toegang tot die huis te verkry. “Ek was besig om wors op ’n klein gasbraaier te braai toe dit ontplof het. Ek

het die vlamme probeer blus, maar dit het versprei. Toe dit eers die groot gasbraaier se bottel buite bereik en dít ontplof, was die vlamme buite beheer,” het Van der Berg vertel terwyl brandweermanne en nuuskieriges om haar huis saamgedrom het. Sy het sedert haar man, Barney, se afsterwe ’n jaar gelede alleen in die huis gewoon. Haar splinternuwe voertuig het onder in die motorhuis gestaan terwyl die vertrekke reg bokant in ligte laaie was. Die voertuig het ’n outomaties ratkas en kon nie gestoot word nie, en die sleutel was nie binne bereik nie. Van die omstanders het

kopgehou en ’n insleep-onderneming geskakel om die voertuig te verwyder voordat die vlamme dit ook kon bereik. Van der Berg het gesê dat die brandweer meer as ’n uur geneem het om op te daag. “As hulle vroeër hier was, kon ons dalk ’n deel van die huis gered het,” het sy gesê. Willem Krause van Working on Fire se hulp is ook deur die brandweer ingeroep. “Die manne het goed gedoen. Hulle was binne 15 minute vandat ek my eerste oproep ontvang het, op die toneel. Hulle het ons as voorsorgmaatreël geskakel om te verhoed dat die brand versprei,” het hy gesê. Die Pos het die afgelope paar weke oor ’n aantal huisbrande berig. Krause raai

WEN!

inwoners aan om in die geval van ’n huisbrand onmiddellik die gastoevoer toe te draai en die krag af te skakel, en dan so vinnig moontlik uit die huis te kom. “Hoewel die brandseisoen veronderstel is om verby te wees, is dit baie droog en brande sal ’n hele ruk lank nog algemeen voorkom,” het hy gesê. • Van die inwoners het beweer dat die brandweer se reaksietyd stadig is omdat brandbestryders eers van hul huise af na die stasie toe moet kom voordat hulle kan reageer op ’n noodroep. Die Pos het dié bewering probeer bevestig, maar is van bakboord na stuurboord gestuur, sonder enige antwoorde.

Staan ’n kans om GRATIS boeke te wen in ons sms-kompetisie

15

Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.