BESTE PLAASLIKE KOERANT - LiN Media-toekennings vir 2015
Dorpsdam is bykans dolleeg
6
Toerisme-bylae: 32 bladyse binne
Só skitter Bosveldsterre
24
®
4 Maart 2016
R6.00
Twee weke grasie vir burgemeester
Die daelange betogings wat inwoners en ondernemings op Modimolle verlede week ontwrig het, is moontlik steeds nie iets van die verlede nie. Die Pos het verneem die protesleiers beplan om weer te betoog sodra inwoners vandeesweek hul pensioene en staatstoelae ontvang het. Hoewel die betogings begin het met eise oor watertekorte, het betogers se kreet dat die burgemeester, Meisie Kgaretja Lekalakala, moet bedank, nou die fokuspunt geword. Hulle beweer dat haar bestuur die oorsaak is van swak dienslewering en dat sy by verskeie korrupsieklagtes betrek word. Lees volledige berig op bl. 2
’n Volgepakte Ephraim Mogale-stadion op Phagameng het Stanley Mathabata, premier van Limpopo, en die Modimolle munisipale raad op Woensdag, 24 Februarie, begroet. Die skare het die dorp se burgemeester en die premier uitgejou en wou aanvanklik nie luister na wat hulle te sê het nie. Foto: Herman Steyn
Dit is die voorwaardes waarop Stanley Mathabata, premier van Limpopo, en gemeenskapsleiers van Modimolle verlede week ooreengekom het:
Meisie Kgaretja Lekalakala, burgemeester van Modimolle, is deur die skare in die Ephraim Mogale-stadion op Phagameng uitgejou. Hulle wou haar nie kans gee om te praat nie en het aanhoudend gedreunsing dat sy uit haar pos ontslaan moet word. Foto: Herman Steyn
• Die watersituasie op Modimolle sal binne vier weke opgelos wees. • Alle boorgate sal onmiddellik toegerus word en water na die dorp se hoofpyplyn voer. • Alle klagtes teen die burgemeester en ander raadslede wat van kriminele klagtes aangekla word, sal binne die volgende twee weke ondersoek word waarna daar besluit sal word of hulle uit hul poste onthef moet word of nie.