Thaba-pad nou weer oop vir verkeer
2
Vermeende stropers loop hul rieme styf
5
Raaisel om ‘Verlore Stad’ verdiep ®
R6.00
5 Desember 2014
3
Sendingspan oorleef nadat nooit neergelaat nie. Dit was reeds te laat,” het La Grange gesê. Die vliegtuig het die grond getref en vir ongeveer 100 m oor en langs die landingstrook afgeskuur, het La Grange gesê. Dit het gelukkig nie aan die brand geslaan nie. “Voor ons die grond getref het, het ek geskree: Here, help!” “Die vliegtuig het uiteindelik tot ’n stilstand gekom in ’n sandbank waar ons dadelik uitgespring en Chris uit die kajuit gehaal
wat vroeg die volgende oggend opgedaag het en ons is terug Suid-Afrika toe terwyl Jannie agtergebly het om die sendingwerk voort te sit,” het La Grange gesê. Die vlieënier was teen saktyd steeds onder mediese sorg, het La Grange gesê. La Grange sê ’n oogspesialis het bevind dat hy darem nie permanente skade in sy oog opgedoen het nie. Talle ondersteuningsboodskappe en gebede het kort ná die ongeluk op sosiale
Lorentz la Grange (inlas), Hendrik en Chris van Rensburg asook Jannie Steenkamp het op Maandag, 1 Desember, vanaf Pretoria na Botswana gevlieg om sendingwerk te gaan doen. Hier staan die Van Rensburgs en Steenkamp by die vliegtuig voor die ongeluk.
Andries van der Heyde ’n Voormalige pastoor van Bela-Bela en drie vriende het die afgelope week naelskraap aan die dood ontkom toe hul ligte vliegtuig deur ’n voël getref is en die vlieënier ’n noodlanding moes uitvoer. Die sendingspan se vliegtuig het al begin daal vir die landing toe ’n maraboe-ooievaar deur die voorruit gebars het. Die slag was só hard dat die vlieënier sy bewussyn verloor het. Past. Lorentz la Grange het saam met drie vriende, Jannie Steenkamp, Chris en Hendrik van Rensburg, op Maandag, 1 Desember, Botswana toe gevlieg om sendingwerk in die Shakawe-streek te gaan doen. Ná ’n lang vlug en ’n paar landings om brandstof in te gooi, het hulle uiteindelik die aanloopbaan naby Shakawe gesien waar Chris ’n draai moes maak om te land, het La
WEN! WEN! WEN!
Grange die afgelope week aan Die Pos vertel. “Ons was so 16 m van die grond af toe vyf maraboe-ooievaars baie naby aan die vliegtuig verby gevlieg het. Een van hulle het die skroef getref en is deur die kajuit se ruit geslinger. Die voël het Chris getref.” Hy sê die vliegtuig het teen ’n spoed van 200 km/h gevlieg en die slag was só hard dat die kajuit binne oomblikke vol bloed en stukke glas en gemors was. Chris, die vlieënier, se wangbene is albei gebreek, hy het sy sig tydelik verloor en was half bewusteloos terwyl die grond ál hoe nader gekom het. Die res van die mans het net ligte beserings opgedoen. La Grange het tydelik sig in sy een oog verloor. “Jannie het onmiddellik die stuur oorgeneem en die vliegtuig afgebring nadat ons vir Chris weggetrek het. Jannie het spoed verminder en ons het rustiger geraak. Ek het uitgekyk en besef die landingswiele is Staan ’n kans om gratis boeke te wen in ons sms-kompetisie
16
Só het die vliegtuig gelyk nadat ’n maraboe-ooievaar die skroef getref en deur die vliegtuig se ruit geslinger is. Die vlieënier het sy bewussyn verloor, maar die vinnige optrede van die passasiers het daartoe gelei dat almal die ongeluk oorleef het. Foto’s: Verskaf
het,” het La Grange gesê. Die Botswana-owerhede het op die toneel opgedaag en die mans is na ’n plaaslike kliniek vir behandeling geneem. Die lugnooddienste het die span na ’n lodge in die omgewing geneem waar die nooddienste Chris verder behandel het. La Grange sê dit was nodig aangesien daar amper geen dienste in die omgewing is nie en die vlieënier behandel moes word. “Hendrik het ’n vliegtuig uit Lanseria gereël
netwerke begin vlieg. “Ons moes dood gewees het. Hierdie was regtig ’n wonderwerk van die Here en nou kan ons van Sy genade getuig,” het La Grange gesê. La Grange was vyf jaar lank ’n leraar by die Nuwe Lewe-aanbiddingsentrum op BelaBela voordat hy en sy vrou, Mariette, by die Shalom-aanbiddingsentrum in Montana, Pretoria, aangesluit het. Hulle is steeds aktief in die bediening.
Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER