®
www.buildersdiscount.co.za
R6.00
5 Julie 2013
diepos.linmedia.co.za
— Beste plaaslike koerant
Glanspaar
2
Nylie buite lewensgevaar
Waterkrisis op Mookgophong
Wildstropers vasgetrek Andries van der Heyde
Adriaan Bergh en Melinda Bam (voormalige Mnr. en Mej. Suid-Afrika) is vir die opkomende You Spectacular-toekennings genomineer as die beste paartjie. Hulle albei het sterk bande met die Waterberge. Adriaan is ‘n oud-Warrie en Melinda is die kleindogter van past. Marius van Heerden, jarelange predikant op Modimolle. Stem vir hulle deur ’n SMS te stuur na 32113 (SMS Y3d, jou naam, van en dorp) of stem vir hulle op die webtuiste http://you.co.za/its-timefor-you-spectacular(.) Foto: Verskaf
3
Vyf wildstropers is ná ’n jaagtog naby Settlers op Bela-Bela vasgekeer waar hulle in hegtenis geneem is. Riaan Pretorius, bestuurder van Illawra landgoed naby Settlers, het aan Die Pos vertel dat hy en sy broer op Woensdagaand, 26 Junie, op die stropers afgekom en hulle toe agterna gesit het. “Ek en my broer het die aand rondom die plaas gery. Dit is waar ons op die mans afgekom het nadat hulle die wildkarkasse op hul bakkie gelaai het. Hulle het weggejaag toe hulle ons gewaar en ons het hulle agterna gesit,” sê Pretorius. Hy en sy broer het die mans in hulle voertuig op die Doornput-pad agterna gesit. Die stropers het weggekom waarna Pretorius vir kapt. Herman Lubbe van die veediefstaleenheid op Modimolle geskakel en die situasie aan hom verduidelik het. Die polisie het nie gras onder hulle voete laat groei nie en ’n padblokkade is by die Taansluiting by die Bela-Bela Waterfront opgestel. Die feit dat Pretorius die registrasienommer van die stropervoertuig se nommerplaat gememoriseer het, het die polisie in staat gestel om die nommer in hulle stelsel in te lees. Die stelsel het ’n woonadres op BelaBela opgelewer. Die polisie het hulle na die adres gehaas in die hoop om die verdagtes daar vas te trek, maar aanvanklik was daar niemand op die
perseel nie. Die polisie het volgens Pretorius blykbaar net by die erf ingetrek, toe die stropers niksvermoedend daar opdaag — nog met die karkasse agter op hul voertuig. Die mans het probeer wegjaag, maar Muhammed Kharodia (37), Junaid Ravat (33), April Moobi (47), George Mphahlane (43) en Elias Lebudi (39) is vasgekeer en gearresteer. Die woonadres is vermoedelik die eiendom van een van die stropers se ouers. Die stropers het twee koedoekalwers, een koedoekoei en ’n rooihartbees geskiet. Dié wild het’n gesamentlike waarde van ongeveer R30 000. Die polisie het beslag gelê op die stropers se Isuzu-voertuig, ’n 30.06 jaggeweer met ’n knaldemper op, twee spreiligte, slagmesse en ’n byl. “Dit is nie die eerste voorval op die plaas nie. Mense skiet die wild direk van die grondpaaie deur die heining,” het Pretorius gesê. Hy het net lof vir die veediefstaleenheid omdat hulle “blitsig” gereageer het. Die vyf verdagtes het op Vrydag, 28 Junie, in die Bela-Bela-streekshof verskyn. Die mans is op borgtog van R500 elk vrygelaat en verskyn weer op 6 Augustus in die hof. Lubbe spreek ook sy dank uit teenoor die Bela-Bela-polisie en die boere in die omgewing wat meegewerk het om ’n vinnige arrestasie moontlik te maak. Die veediefstaleenheid kan gekontak word by tel. 082 443 8885.
DIESEL
? Tel (014) 717 4000
Ladies & Gents Hairstylists
Pick ’n Pay sentrum, Winkel 6, Nelson Mandela straat,
Nylstroom
HEAD OFFICE — BELA-BELA: (014) 736 2723 FAX: (014) 736 3428 ADV: 082 461 4011
MODIMOLLE— NEWS: (014) 717 1776 ADV: (014) 717 1774/082 421 4429 FAX: (014) 717 2191
NABOOM: 076 035 9082 VAALWATER: 076 032 9661
ADS: diepos@icon.co.za. NUUS: dieposnuus@icon.co.za diepos-nylstroom@icon.co.za. WEBSITE: diepos.linmedia.co.za / www.diepos.co.za