BESTE PLAASLIKE KOERANT - LiN Media-toekennings vir 2015
Modi-begroting dalk ook in hof beveg Inwoners kyk hoe onwettige huise afgebreek word
2 3
31 ®
5 Junie 2015
R6.00
Sangeres tree by gholfdag op
Werknemer geskors nadat geld glo verdwyn Ronél van Jaarsveld
Die Transfrig-verkoeltrokkie wat op sy sy lê in die R33-hoofstraat van Vaalwater.
Sampioene lê die hele hoofstraat vol Marlene Vermaak ’n Transfrig-verkoeltrokkie vol verkoelde sampioene het op Vrydagoggend, 29 Mei, ongeveer 10:30 groot konsternasie in Vaalwater se hoofstraat veroorsaak. Die verkoeltrokkie was van Lephalale na Modimolle onderweg toe die bestuurder skynbaar beheer oor die voertuig verloor en dit in die hoofstraat reg voor Brent Oilvulstasie gerol het. “Ek weet nie presies wat gebeur het nie, maar ek dink ek het net beheer oor die
voertuig verloor,” het Ivan Sebolai, die bestuurder van die verkoeltrokkie, aan Die Pos gesê. Sebolai en nog ’n insittende is deur paramedici vir ligte beserings behandel. Volgens ’n ooggetuie, Alona Pavier, het die Transfrig-verkoeltrokkie teen ’n hoë spoed in die hoofstraat gery. “Ek het besef dat daar moeilikheid aan die kom is toe die verkoeltrokkie op ’n ander voertuig afjaag wat by Brent Oil wou indraai. Die bestuurder van die Transfrig-verkoeltrokkie het te laat gesien dat die voertuig wou draai en het buitendien probeer om die voertuig verby te steek. Die volgende oomblik het ek net
remme hoor aanslaan, ’n groot stofwolk in die teerpad gesien en toe ’n vreeslike slag gehoor. Ons het almal dadelik in die rigting van die ongeluk gehardloop om te sien of die mense oukei is,” het Pavier vertel. ’n Klomp verkoelde sampioene wat klaar in pakkies verpak was, was die hele hoofstraat vol gestrooi. • Die Pos het die afgelope jaar talle klagtes ontvang van inwoners van Vaalwater wat beweer dat die paaie op dié dorp in ’n haglike toestand is. Die paaie is glo plekplek vol grond gespoel wat ná elke reënbui vererger en net so gelaat word.
WEN!
’n Werknemer van die Modimollemunisipaliteit is geskors terwyl daar ondersoek ingestel word na die beweerde wanbestuur van R1,2 miljoen. Geld wat glo deur inwoners by die munisipaliteit inbetaal is, is na wat verneem word ter sprake. Inwoners se state wys glo dat hulle hul rekenings betaal het en die munisipaliteit se stelsel dui aan dat alle betalings op datum is, maar dié geld het nie in die munisipale koffers beland nie. Sover die munisipaliteit kon vasstel, is dié bedrog al sedert 2013 aan die gang. Die munisipaliteit het ’n klag by die Modimolle-polisie ingedien teen ’n werknemer wie se naam nie bekend gemaak is nie. Hy beklee ’n middelbestuursvlakposisie. Tydens ’n raadsvergadering wat op Donderdag, 28 Mei, gehou is, is die media en ander mense in die openbare galery gevra om die vergadering te verlaat toe dié saak bespreek is. Raadslede is gemaan om dit nie met die media te bespreek nie. Volgens Sam Bambo, munisipale bestuurder, het die munisipaliteit die hulp van die departement van samewerkende regering ( CoGHSTA) ingeroep met die ondersoek. Die vermoede is dat daar meer as een persoon betrokke is. Die munisipaliteit het inwoners verseker dat “hul geld in goeie hande is” en dat dienste steeds gelewer sal word.
Staan ’n kans om GRATIS boeke te wen in ons sms-kompetisie
24
Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER