Oord open sy deure ses maande ná vloede
Inwoners keelvol vir riool, afval en bloed in vleie
3
7
®
R6.00
5 September 2014
‘
Ek kon nie opstaan nie en het net verskrik besef sy is op pad om met my te kom afreken
’
’n Bebloede Theo Pieterse ná sy noue ontkoming met ’n woedende buffelkoei.
Noue ontkoming met buffelkoei Marlene Vermaak ’n Inwoner van Alma het ’n nare ondervinding met ’n dragtige buffelkoei gehad. Theo Pieterse (67) van die plaas Langkloof tussen Mabula en Alma het naelskraap van ’n woedende buffelkoei ontsnap. Volgens Pieterse was die buffelkoei swaar dragtig. “Sy is letterlik op haar laaste. Sy was ’n hele paar dae soek en ek het besluit dat ons die hele plaas sal moet fynkam om haar posisie te probeer bepaal.” Pieterse en ’n span werkers het ’n lang reguit lyn gevorm en het stadig deur die veld begin stap om sodoende in en om elke bos te kyk vir die buffel. “Die volgende oomblik het ek haar gesien. Sy het plat gelê, maar soos blits opgespring toe sy van my bewus geword het. Ek het dadelik
WEN! WEN! WEN!
kliphard geskree en soos ’n lawwe ding op en af gespring om haar aandag af te trek. Dit het glad nie gewerk nie, want sy het net een kyk gegee, haar kop laat sak en verwoed op my afgestorm,” het Pieterse gesê. Toe haar kop sy lyf tref, is Pieterse meters ver deur die lug geslinger. Hy het binne-in ’n bos bome geland. “Ek kon nie opstaan nie en het net verskrik besef sy is op pad om met my te kom afreken. Die buffelkoei het met haar horings omlaag op my afgepeil. Dit was duidelik dat haar doel was om my te gaffel. In my gedagtes kon ek nie help om te dink dat die tweede keer moontlik my einde kon beteken nie.” Gelukkig vir Pieterse het die buffelkoei se horings in die takke vasgesteek en sy kon hom nie bykom nie. “Ek het net aanhoudend gebid en het weer besef dat mense maar gerus kan aanhou bid, want gebede word
werklik verhoor en wonderwerke gebeur steeds. Ek dank die Here dat Hy my lewe gespaar het.” Kort ná die gebeure het van die ander werkers opgedaag en die buffelkoei verjaag. Pieterse is na ’n dokter op Bela-Bela geneem en is “met ’n magdom pille huis toe. Gelukkig het ek nie ’n been gebreek nie. Die grootse skade is maar die erge kneusing aan my gesig en ribbes,” het hy gesê. Pieterse vertel dat hy sy lewe lank baie van buffels hou, en dat hy al talle kunswerke met buffels as tema gemaak het, maar dat die kyk in ’n woedende buffel se oë hom nog altyd ontwyk het. “Nou weet ek presies hoe dit lyk en dit sal nog vir baie jare in my geheue bly. Ek het nog altyd aan myself gedink as fiks en sterk, maar ek het besef dat ’n mens se krag nie met dié van ’n dier vergelyk kan word nie.”
Staan ’n kans om gratis boeke te wen in ons sms-kompetisie
17
Vaalwater spog met ’n kok in die top 12 van die derde reeks van die gewilde televisiereeks, MasterChef SuidAfrika. Melissa-Lee Sutherland het op 25 die geleentheid gekry om ’n paar kookkunsies by van die land se interessantste kokke te leer. Haar pa, David Sutherland, is die eienaar van Sutherland Hunting Academy, een van die bekendste opleidingskole vir beroepsjagters in Limpopo. Die Sutherlands bestuur hul lodge en jagskool vanaf hul plaas net buite Vaalwater en dit is daar waar Melissa-Lee haar kooktalent opgeskerp het. Lees Die Pos se onderhoud met haar op bl. 5. Foto: Verskaf
Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER