Die Pos 6 Februarie 2015

Page 1

Buitelanders vas ná talle inbrake op Mookgophong

2

Onnies ‘werkloos’, maar kinders kry lesse onder boom

6

Breinoperasie nodig ná aanval

4

®

R6.00

6 Februarie 2015

Aanvallers dam inwoners met messe by

‘Ons sal hulle kry,’ beloof polisiehoof

Andries van der Heyde Drie inwoners van Bela-Bela is verlede naweek in drie verskillende voorvalle deur vermoedelik dieselfde rowers met messe in hul huise op die dorp aangeval. Johan van der Merwe, Jaco Maritz en Charles Duggan is al drie Saterdagnag, 31 Januarie, met messe gesteek toe rowers hulle in hul huise oorval het. Al drie mans het ernstige wonde opgedoen en die rowers, wat steeds op vrye voete is, het weggekom met items wat hulle gesteel het. Die Bela-Bela-polisie was die aand besig om inligting op te volg dat rowers vermoedelik by Forever Resorts Warmbaths se personeelwooneenhede sou toeslaan. Dié rowers het die polisie egter ontduik. Kort daarna het die eerste voorval plaasgevind. Van der Merwe was dié aand by Hoërskool Warmbad se wooneenhede by die koshuis. Sy pa, Johan snr., ’n onderwyser by dié skool, was nie tuis nie. Spikkels de Wet, hoof van die skool, het aan Die Pos gesê bure het Van der Merwe skielik om hulp hoor skree. Hy is in die sitkamer van sy pa se huis aangeval nadat iemand vermoedelik by die skuifdeur ingekom het. “Daar was baie bloed. Johan het glo die verdagtes te lyf gegaan en is in die geveg raakgesteek. Die aanvallers het weggekom,” het De Wet gesê. Hy sê Van der Merwe, wat vier steekwonde in sy maag opgedoen het, het nog genoeg krag gehad om in sy bakkie te klim en mediese hulp te gaan soek. Die rowers het ná die aanval vermoedelik oor die skool se heining geklim en laat spaander. De Wet sê die polisie, wat flink opgetree het, het Van der Merwe se gesteelde goed naby die Roodepoort-pad opgetel. Van der Merwe was teen druktyd steeds in ’n mediese-sorgeenheid in Polokwane waar hy aansterk. Die twee ander gevalle het kort daarna plaasgevind. Maritz en ’n vriendin het die aand by Tuin Tuiste (reg langs Laerskool Warmbad se sportgronde) oornag. Hulle het dieselfde dag

WEN! WEN! WEN!

Johan van der Merwe

Jaco Maritz

STEEDS IN HOSPITAAL

sy suster, Janette, se troue buite Bela-Bela bygewoon. Hans Maritz, Maritz se pa, sê die rowers het ongeveer 03:00 die Sondagoggend by die woonstel ingebreek terwyl Maritz-hulle geslaap het. Hy het wakker geword toe hulle ingekom het. Maritz het die rowers gekonfronteer en is daarna herhaaldelik met ’n mes gesteek. “Hulle wou hom doodmaak; daar is geen twyfel daaroor nie. Jaco het seker gemaak niemand anders in die huis kry seer nie en het met hulle baklei totdat hulle weg is,” het Hans gesê. Jaco se vriendin is nie beseer nie. Jaco is inderhaas na die Muelmed-hospitaal in Pretoria oorgeplaas omdat hy baie bloed verloor het. Hy is opgeneem in die intensiewe sorgeenheid. Hans sê sy seun is in die longe, maag en in die gesig gesteek. Hy sal hopelik eersdaags na ’n gewone saal oorgeplaas kan word. Die derde aanval het so drie huise verder gebeur. Charles Duggan het ook die aand wakker geword toe hy iets by sy skuifdeur gehoor

Charles Duggan

ONTSLAAN Staan ’n kans om gratis boeke te wen in ons sms-kompetisie

STEEDS IN HOSPITAAL

16

het. Ook hý is met ’n mes toegetakel. Kol. Lindie Marx, die Bela-Bela-polisie se nuwe stasiebevelvoerder, het al drie tonele besoek. Sy het aan Die Pos gesê Duggan het na verneem word die verdagtes gekonfronteer en ’n stoeiery het gevolg. Sy sê dat hy vir sy vrou geskree het om sy vuurwapen te bring terwyl hy die rowers probeer afweer het. “Die rowers het hom in die bors gesteek voordat hulle gevlug het. Gelukkig het die lem sy borsbeen getref en nie sy ingewande nie. Dit sou dodelik gewees het. Hy is baie gelukkig,” het Marx gesê. Duggan het steke gekry en is dieselfde aand reeds uit die hospitaal ontslaan. Hy kon nie vir kommentaar bereik word nie. Marx sê dat sy Maritz op die misdaadtoneel beloof het dat hulle sy aanvallers sal aankeer. “Ek het geen twyfel dat dieselfde aanvallers vir al drie voorvalle verantwoordelik is nie. Ons het leidrade wat die forensiese eenheid besig is om te ondersoek om die rowers te identifiseer. Ons is vasberade om hulle vinnig vas te trek,” het Marx gesê. Teen druktyd is niemand nog aangekeer nie.

Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.