‘Modi-phong’ kry oraloor die wind van voor
2
Oppas vir kastige ‘huiskykers’
4
Alles oor interhoërhoogtepunte ®
R6.00
6 Maart 2015
32
Jong boer deur leeu aangeval Marlene Vermaak
Reinhard Heuser in sy hospitaalbed in Bloemfontein nadat hy deur ’n leeu (foto ter illustrasie) aangeval is.
’n Jong boer van Vaalwater was so ampertjies leeukos. Reinhard Heuser (34) is op Woensdag, 25 Februarie, deur ’n leeu aangeval terwyl hy op ’n buffeljag in Noordwes was. “Reinhard sê dat die leeu hulle skielik bestorm het. Hulle het op die dier geskiet om hom te probeer stuit, maar hy het steeds daarin geslaag om Reinhard teen ’n boom vas te druk en te karnuffel,” het sy vrou, Caroline, aan Die Pos gesê. “Die leeu se tande het deur Reinhard se skouer gebyt, maar gelukkig was Jacques Spamer naby. Hy het die leeu letterlik van Reinhard afgeskiet.” Heuser se beserings het hom in ’n Bloemfonteinse hospitaal laat beland. Sy vrou het vandeesweek aan Die Pos gesê dat hy nog minstens twee weke daar sal moet aansterk. “Die dokter se grootste bekommernis is infeksie. Reinhard het meestal net oppervlakkige wonde. Daar is ’n groot gat onder sy armholte en lelike tandmerke op sy skouer. Gelukkig het die leeu se tande regdeur sy arm gebyt en net vleeswonde veroorsaak,” het Caroline gesê. Heuser het op ’n 4000 ha plaas in die Noordwes-provinsie gejag. Die leeus loop vrylik rond en word nie gevoer nie, het sy vrou gesê.
WEN!
Ao. Bertram du Plessis by die dagga wat op Mookgophong gevind is.
‘Daggasmous’ aangekeer Marietjie Steenkamp Die Mookgophong-polisie, tesame met ’n vrywilliger uit die gemeenskap, Joe Jallapor, het ’n vermeende daggasmous op Mookgophong vasgetrek. ’n Twintigjarige man is op Dinsdag, 24 Februarie, om 1:45 in die hoofstraat van die dorp opgemerk toe hy glo dagga by ’n smous wou koop. Die knap optrede van Jallapor en die polisie het daartoe gelei dat die smous vasgetrek is en 12 “vingers” dagga is in sy besit gevind. Een van die vrywilligers, wat nie sy naam genoem wil hê nie, het die vorige aand dieselfde man opgemerk en die inligting aan ao. Bertram du Plessis van die Mookgophongpolisie verskaf. Daar is ook verdagtes opgemerk wat waarskynlik gereelde kliënte is. Volgens Du Plessis is die koper werkloos en het hy glo van ’n
Staan ’n kans om GRATIS boeke te wen in ons sms-kompetisie
vriend se ma se huis gekom om die transaksie te beklink. Die smous is in hegtenis geneem. Dit was die tweede persoon in ’n maand wat in hegtenis geneem is weens die besit van dagga. Albei verdagtes is steeds in aanhouding. Volgens die wet op Dwelms en Dwelmsmokkelary, Wet No.140 van 1992, artikel 4, kan ’n persoon vervolg word indien hy of sy in die besit van dagga betrap word of in besit gevind word daarvan in of op enige skoolterrein of nader as 100 m vanaf die grense van ’n skoolterrein, of in die besit van enige ander afhanklikheidsvormende middel. Die skoolterrein sluit die skoolgeboue, verblyfgeboue en sporten ander geriewe wat gebruik word vir skoolaktiwiteite in. Die polisie waarsku veral kinders om nie by enige vorm van dié misdryf betrokke te raak nie.
12
Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER