Die Pos 6 September 2013

Page 1

®

www.buildersdiscount.co.za

R6.00

6 September 2013

diepos.linmedia.co.za

— Beste plaaslike koerant

‘Ons het lank genoeg mooi gevra,’

Oud-onderwyser verloor MS-stryd

sê munisipaliteit

Denise van Bergen Die Modimolle-munisipaliteit het op Dinsdagoggend, 3 September, deur die dorp begin beweeg om sekere sake-ondernemings se water en elektrisiteit af te skakel. Dit volg nadat dié besighede glo ná vooraf waarskuwing, versuim het om hul rekeninge te betaal en die munisipaliteit besluit het om teen hierdie verontagsaming te begin optree. Volgens die munisipale woordvoerder, Patrick Shika, beloop die munisipaliteit se uitstaande skuld tans R80 miljoen. ’n Munisipale taakspan is gestig om van onderneming tot onderneming te gaan en skuldiges se krag en watertoevoer af te sny. Hulle het Dinsdagoggend in Modimolle en Phagameng begin en

Onnie sterf in botsing

later dieselfde op Vaalwater gaan doen. “Ons het aanmanings per brief en SMS’e aan hierdie ondernemings uitgestuur en hulle later sewe dae kennis gegee om hul rekeninge te vereffen. Die sewe dae is om die waarheid te sê nog verleng na veertien dae, en hulle het geen poging aangewend om enige reëlings ten opsigte van die betaling van hul rekeninge met die munisipaliteit te tref nie. Daarom is hulle water en elektrisiteit nou afgeskakel,” het Shika aan Die Pos verduidelik. “Ons het lank genoeg mooi gevra. Die munisipaliteit kan nie dienste lewer as inwoners nie hul rekeninge betaal nie.” Hierdie gaan glo voortaan ’n deurlopende program wees wat deur die taakspan uitgevoer word. Dit is egter nie net sake-ondernemings wat voor stok gekry gaan word nie. Daar

3

word beplan om ook die residensiële gebiede binnekort in te vaar. “Mense in die woongebiede reageer ten minste beter op die aanmanings. Hoewel daar ’n paar uitsonderings is waarteen opgetree sal word, waardeer ons die inwoners wat hul rekeninge gereeld betaal en op datum hou,” het Shika gesê. “Ondernemings wat hul agterstallige munisipale rekeninge ten volle betaal, sal 5% afslag ontvang daarop.” Die taakspan rig ook ’n waarskuwing aan mense wat hulself skuldig daaraan maak dat hulle munisipale meters beskadig of daarmee peuter. Hulle sê hierdie mense sal beboet en aangekla word, aangesien dit as ’n wetsoortreding beskou word. Die munisipaliteit moedig inwoners aan om hul voorstelle vir beter dienslewering aan die munisipaliteit te rig.

Twee leerders verdrink

4

Marie van Baalen, oud-onderwyser van Bela-Bela, is oorlede ná ’n stryd teen motorneuronsiekte (MS). Lees die vollgedige berig op bl. 2.

Leefstyl-bylae binne

17

DIESEL

? Tel (014) 717 4000

Ladies & Gents Hairstylists

Pick ’n Pay sentrum, Winkel 6, Nelson Mandela straat,

Nylstroom


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.