Die Pos 7 April 2017

Page 1

Publiek sê raad lei hul om die bos

2

Twis oor Bela-Bela se advertensieborde

3

Duisende kom aan vir Hansieweek

18

®

7 April 2017

R6.00

Padwerke in die hoofstraat van Mookgophong sal die druk Paasverkeer erg belemmer. Die hoofstraat sal tydens Paasfees tydelik na ’n eenrigtingstraat verander word en verkeer sal ook herlei word. Marietjie Steenkamp Met Paasnaweek (13-17 April) om die draai word reuseverkeersopeenhopings op Mookgophong verwag. Volgens Arrie Opperman, verkeershoof op die dorp, sal die padwerke in Thabo Mbekistraat (R101) die druk verkeer belemmer. Die padverleggings strek vanaf Naboom Toyota tot by die brug na Roedtan en slegs twee bane sal vir verkeer beskikbaar wees.

Die ander twee bane is onder konstruksie en die teerlaag is nog nie gegooi nie. “Ons wil hiermee die publiek en inwoners in kennis stel van die reëlings wat getref word om die verkeer te laat vloei, te verminder en te beheer,” het Opperman gesê. Die hoofstraat, Thabo Mbekistraat (R101), sal op Donderdag, 13 April, vanaf 14:00 na ’n eenrigting verander word om alle verkeer wat die dorp vanaf Modimolle binnekom en op pad is na Polokwane, te beheer, het Opperman gesê. Verkeer wat die dorp vanaf Polokwane

binnekom en Modimolle toe gaan, sal deur 7de Laan en 4de Straat tot by die ou Truck Stop herlei word en dan terug na die R101, het Opperman verder gesê. Die bogenoemde reëling sal op Vrydag, 14 April, opgeskort word sodra die verkeersvloei teruggekeer het na normaal. Die hele proses sal op Sondag, 16 April, vanaf 14:00 herhaal word en verkeer wat die dorp binnekom van Modimolle na Polokwane sal weer eens herlei word tot by die Truck Stop en deur 4de Straat en 7de Laan terug na die R101. Hierdie

reëling sal ook op Maandag, 17 April, geld totdat die verkeersvloei afgeneem het, het hy gesê. Opperman het inwoners en bestuurders versoek om geduldig te wees en waar moontlik die hoofstraat te vermy. Hy het ook ’n beroep op die publiek gedoen om so ver moontlik van die N1 gebruik te maak. Die nodige inligtingstekens sal ook by die afritte van die N1 noord en suid aangebring word om padgebruikers van die oponthoud in kennis te stel.

12


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Die Pos 7 April 2017 by Die Pos koerant/newspaper - Issuu