BESTE PLAASLIKE KOERANT - LiN Media-toekennings vir 2015
Aanvallers voer glo skrikbewind
2
Stakers kry die wind van voor
3
Legendariese oom Olé van Vaalwater sterf
3
®
7 Augustus 2015
R6.00
Lyk gevind
op gewilde oefenroete Andries van der Heyde Twee voetgangers het op Dinsdag, 4 Augustus, op die Alma-pad buite Bela-Bela ’n gruwelike ontdekking gemaak. Nadat hulle ’n slegte reuk gekry het, het hulle op die lyk van ’n jong vrou afgekom wat in ’n sloot langs die pad tussen Modderspruit Primary School en Marulani gelê het. Dié pad is baie gewild onder drawwers en fietsryers van die dorp. Die twee voetgangers het na die skool geloop en dit onder die hoof se aandag gebring, waarna die polisie gekontak is. Die vrou se identiteit is onbekend. Sy is met haar gesig teen die grond in die sloot aangetref en behalwe vir ’n bra, het sy geen klere aangehad nie. Forensiese ondersoekers op die toneel het
gemeen dat die lyk reeds vir langer as 21 dae daar gelê het. Ao. Jannie Venter, ondersoekbeampte, het gesê daar sal ’n nadoodse ondersoek gedoen word om te bepaal wat die oorsaak van haar dood is. Die lykskouing is vir Donderdag, 6 Augustus, beplan, het Venter gesê. Konst. Maria Maleto, kommunikasiebeampte op die dorp, vra dat enigiemand wat inligting oor die saak het, die polisie by tel. (014) 736 9760 sal skakel. Die saak word verder ondersoek. • ’n Menslike arm is op Donderdag, 23 Julie, in die Roodepoort-omgewing naby die waterwerke buite Bela-Bela deur ’n munisipale werker ontdek. Volgens die polisie is die res van die liggaam nog nie gevind nie, maar daar word gepoog om met DNS-toetse vas te stel aan wie die arm behoort het.
’n Onbekende vrou se lyk (regs) is op Dinsdag, 4 Augustus, in ’n sloot op die Almapad buite Bela-Bela ontdek. Op die foto hierbo is ’n lid van die polisie besig om die lyk in die sloot af te neem.
WEN!
Staan ’n kans om GRATIS boeke te wen in ons sms-kompetisie
12
Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER