ATKV Mediaveertjies 2013 - Beste plaaslike koerant
Modimolleinwoners boos oor verwaarloosde huis 3
Leerders uit skool geskors oor dagga
5
®
7 Februarie 2014
R6.00
Help om raaisel van die Bosveldvisvanger op te los
Fietsryer raakgery
Denise van Bergen
Marten Lombaard, ’n fietsryer van Modimolle, het verlede Saterdagoggend, 1 Februarie, ’n noue ontkoming gehad toe hy naby die Weesgerus-vakansieoord buite die dorp van agter deur ’n bakkie getref is. Die bestuurder van die bakkie het glo gesê hy moes vir ’n aankomende voertuig uitswaai en het Lombaard se fiets in die proses getref. Die ongeluk het ongeveer 6:00 die oggend gebeur. Lombaard het nie ernstige beserings in die ongeluk opgedoen nie. Foto: Herman Steyn Die Pos op Facebook en Twitter
Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za / www.diepos.com
Die Bosveldvisvanger is een van die bekendste Bosveldvoëls en bekend vir sy luidkeelse, suiwer, weerklinkende roep wanneer die somer in volle swang is. Hulle trek normaalweg teen die einde van die somer weg, vlieg noordwaarts Afrika toe en bring die hele winter en lente daar deur voordat hulle weer terugkeer na die Bosveld vir die volgende somer. Voëlkundiges het nog altyd gewonder waar presies in Afrika hulle heen verdwyn. ’n Navorsingsprojek is daarom in Januarie 2013 deur dr. Warwick Tarboton van Kokanje op Modimolle, geïnisieer en met behulp van Craig Symes, ’n dosent aan Wits Universiteit, begin om hierdie raaisel te probeer oplos. Tarboton is ’n bekende voëlkenner en outeur van verskeie voëlboeke. Hy en Symes het vier visvanger-broeipare gevang, gering en elkeen met ’n geolocator toegerus, wat met baie sterk, dungeweefde tou agter op hul ruggies vasgemaak is. Hierdie mikroskyfie is sigbaar op die voëls se rûe. Die geolocator, wat in Engeland vervaardig en ingevoer is, meet die daglig lengte en met die hulp van rekenaarprogramme kan die data in die geolocator dan verwerk word om die
Die raaisel van dié visvanger se winterbestemming kan dalk eersdaags opgelos word.
posisie van die spesifieke visvanger te bepaal. Omdat die geolocator nie die data outomaties kan uitstuur nie, is dit belangrik dat hierdie broeipare weer gevang word sodat die mikroskyfie van die voëls se ruggies afgehaal kan word om dan aan ’n rekenaar gekoppel te word en die data afgelaai kan word vir ontleding. Nog net een van die broeipare het sover teruggekeer na Kokanje en die publiek se hulp word benodig om die ander drie pare op te spoor. Indien enigiemand weet van ’n paar Bosveldvisvangers wat moontlik in hul omgewing in die dorp broei, word hulle gevra om asseblief vir Tarboton te bel by tel. 083 2639 153 of Joseph Heymans by tel. 082 8076 741. Elkeen van die visvangertjies het ’n kleurring aan die been en kan dus ook só geïdentifiseer word.
’n kans om gratis boeke te wen in ons sms-kompetisie WEN! WEN! WEN! Staan
16