ATKV Mediaveertjies 2013 - Beste plaaslike koerant
Fout op man se doodsertifikaat word nagmerrie vir weduwee
Talle ongelukke op Waterberge se nat paaie
2
®
6 R6.00
7 Maart 2014
Gru-aanval
op Leeupoort
...man was ‘net bloed van kop tot tone’
Twee van die mans pas nadat hulle aangekeer is in verband met die gru-aanval op ’n man en vrou van die Leeupoort-vakansieoord naby Rooiberg. Foto: Verskaf
Die Pos op Facebook en Twitter
Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za / www.diepos.com
Andries van der Heyde ’n Paartjie van die Leeupoort-vakansieoord naby Rooiberg het ’n nagmerrie-ondervinding gehad nadat vyf rowers hulle glo in die vroeë oggendure op Vrydag, 28 Februarie, in hul huis oorval het. Manie De Beer (70) en Rachael Groenewald (48), oud-inwoners van Bela-Bela, is na bewering in hul slaap oorval deur die vyf mans. Die rowers het glo vir De Beer en Groenewald aanhoudend met ’n byl aangerand tydens die rooftog. Nadat die rowers die twee vasgebind het en op die vlug geslaan het, het Groenewald haarself losgewikkel en deur ’n badkamervenster ontsnap en hulp ontbied. Polisielede van Rooiberg en Bela-Bela, die polisie se K9 honde-eenheid, gemeenskapslede, lede van die omgewing se anti-renosterstropery-eenheid, lede van die gemeenskapspolisiëringsforum en Leeupoort-myn het dadelik ’n soektog na die mans begin, het Ben Cohen, ’n boer van Leeupoort, aan Die Pos gesê. Cohen het aan Die Pos gesê lede van die boeregemeenskap het die paaie rondom Leeupoort versper en verkeer herlei terwyl die polisie en gemeenskapslede na die mans gesoek het. Toe die lede en die polisie op die mans afgekom het, het drie van die mans volgens Cohen verby sy huis probeer vlug, waar hulle oor die grensdraad gespring het na die plaas Rietfontein. Volgens lt. FA Mukawana van die Rooibergpolisie is die mans vasgekeer, waarna ’n skietery ontstaan het — vermoedelik tussen die polisie en die verdagtes. Een van die verdagtes is in die proses doodgeskiet. Twee van die oorledene se makkers is ongeveer 400 m binne-in die Rietfontein-plaas
in hegtenis geneem. Mukawana sê twee van die vyf verdagtes is steeds op vrye voet. Volgens André Venter van Tromar-ambulansdienste was Groenewald in ’n bestendige toestand ná die aanval, maar De Beer het frakture opgedoen terwyl die mans hom met die byl gekap het. Venter sê De Beer was “net bloed van kop tot tone” toe paramedici by die huis opgedaag het. De Beer en Groenewald is na die Montana-hospitaal in Pretoria geneem vir verdere behandeling en was teen druktyd steeds daar. Groenewald het volgens Gerrit Reynders, ook van Tromar, ’n paar weke gelede ’n rugoperasie ondergaan. Die vyf verdagtes het vermoedelik deur die oord se heining langs die R516-pad na Thabazimbi geklim en sowat 5 km na die huis gestap waar De Beer en Groenewald was. Die Rooiberg-polisiestasie kon nie bevestig of iets van die slagoffers gesteel is nie. Die twee mans wat aangekeer is, het op Maandag, 3 Maart, in die Bela-Bela-landdroshof verskyn. Die saak is uitgestel vir verdere ondersoek. Die Leeupoort-boerevereniging wil almal wat ’n bydra gemaak het tot die arrestasie van die mans bedank vir hul flink en spoedige optrede. Trymore Munetsi en Petrus Zondi Sithole het in die hof verskyn op aanklagte van poging tot roof en roof. Volgens ’n beampte by die hof kan addisionele klagtes teen die twee gebring word weens die omvang van die misdaad. Die twee se saak is uitgestel na Maandag, 10 Maart, vir borg. Volgens die polisie soek hulle al ’n geruime tyd na Munetsi in verband met ander misdade en gaan hy nie vir borg kan aansoek doen nie. Sithole gaan na verneem word ’n borgaansoek bring.
’n kans om gratis boeke te wen in ons sms-kompetisie WEN! WEN! WEN! Staan
16