Motorryer rig glo wapen op padwerkers
2
Inwoners sug oor beurtkrag en droë krane
6
Chaos met grafnommers
3
®
R6.00
7 November 2014
ANC hou hom doof
Brand betyds gestuit
vir dorp se noodkreet Inwoners van Mookgophong ruk op na die munisipale kantore op die dorp.
Marietjie Steenkamp Inwoners van Mookgophong se ontevredenheid met sy dorpsbestuur het dié week in die parlement gaan draai. Talle inwoners het op Woensdag, 22 Oktober, na die munisipaliteit en die burgemeester se kantoor opgeruk om ’n griefskrif aan die burgemeester te oorhandig. Van die griewe sluit in ontevredenheid oor die voorsiening van basiese dienste soos water, elektrisiteit, riool- en vullisverwydering, asook oor beweerde oneffektiewe finansiële beheermaatreëls, uitgawes en tenderprosedures.
WEN! WEN! WEN!
Nie die dorp se burgemeester óf munisipale bestuurder was beskikbaar om die griefskrif te ontvang nie en inwoners is meegedeel dat hulle “elders by ander verpligtinge” betrokke was. “In wat net beskryf kan word as ’n lafhartige daad in weerwil van demokratiese aanspreeklikheid, het albei van hulle weggehardloop toe die optoggangers by hul kantore aangekom het,” het Beyers Smit, LP en DA-lid in die nasionale raad van provinsies (NRP), in ’n verklaring aan Die Pos gesê. “Die ANC het ’n soortgelyke houding in die parlement getoon toe die ANC-afgevaardigdes in die NRP beswaar gemaak het teen
my mosie om die gedrag van die burgemeester ,Sarah Monyamane, te veroordeel. Dit is duidelik dat die ANC geen voorneme het om basiese dienste aan die mense van Mookgophong te lewer, of te verseker dat die ANC se openbare verteenwoordigers aanspreeklik gehou word vir swak dienste nie,” het Smit verder gesê. Smit beoog om die Mookgophong-gemeenskap se griefskrif aan die parlement voor te lê in die hoop dat ’n paar van die ANClede in die parlement die desperate krete van die mense van Mookgophong sal hoor. Die griefskrif en protesoptog is voorafgegaan deur ’n voortslepende waterkrisis op die dorp.
Staan ’n kans om gratis boeke te wen in ons sms-kompetisie
16
Vlamme woed baie naby aan die huis van Hennie Wessels op Kalkheuwel, Pienaarsriver. Die brand het groot stukke weiding afgebrand, maar geen huise of diere het in die slag gebly nie. Andries van der Heyde Hoewel dit al plek-plek begin reën het, is die brandgevaar in Limpopo volgens die BelaBela-brandbeskermingsvereniging steeds nie verby nie. ’n Brand het op Vrydag, 31 Oktober, op Pienaarsrivier begin en weens sterk wind vinnig versprei. Volgens Kobus Versfeld, ’n inwoner van Pienaarsrivier, het die brand die oggend tussen Pankop en Gedeelte 9 naby Kalkheuwel ontstaan. Grondeienaars het die vlamme probeer keer, maar die wind het die vlamme van eiendom na eiendom laat “spring”, het Versfeld gesê. Groot stukke weiding het deurgeloop en die brand het tot teenaan die snelweg gewoed. Die brand het tot Saterdagoggend, 1 November, gewoed en later het selfs werkers van die padkontrakteur in dié omgewing, Concor, ingespring en begin help,” het Versfeld gesê. Volgens Deon Geldenhuys, ’n
bestuurder van een van die plase wat deurgeloop het, vermoed hulle brandstigting. Hy het gesê die brand het op sy gedeelte ’n kwart van die weiding weggebrand en ander boere het meer as die helfte van hul weiding verloor. Hy sê geen verdere skade is aangemeld nie, maar hulle monitor die wild se gedrag om te sien of die brand dalk die diere negatief beïnvloed het. Danksy voorbrande wat betyds gemaak is, is geen huise beskadig of diere dood nie, hoewel die vlamme baie naby aan die huis van Hennie Wessels op Kalkheuwel gekom het. “Die laaste groot brand was in Augustus 2008, toe ’n brand by Mantsole begin het en verskeie mense se wild en beeste doodgebrand het,” het Versfeld gesê. Arnaud le Roux van die BelaBela-brandbeskermingsvereniging het by navraag gesê wegholbrande bly ’n risiko in die omgewing en die brandverbod geld steeds. Hy het gesê die brandverbod sal eers ná die eerste ordentlike reën opgehef word.
Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER