Balju lê beslag op dorpsvoertuie
2
Dobbelman swaar beboet
6
Mookgophong groet vir Henru
5
®
8 April 2016
R6.00
Bekende vrou van Vaalwater
aangeval en geskiet Marlene Vermaak Chrisca Pienaar (69), ’n bekende inwoner van Vaalwater, is op Vrydagmiddag, 1 April, ongeveer 12:30 by haar huis op die plaas Waterval, tussen Vaalwater en Modimolle, aangeval en geskiet. Twee mans, waarvan een aan haar bekend is omdat hy ongeveer twee maande gelede stukwerk by hulle gedoen het, het Pienaar in haar huis oorrompel, vasgebind en in die spens aangehou. “My ma vertel dat hulle haar die heeltyd gevra het oor die kluis se sleutel, maar dat sy aan hulle gesê het die sleutel is by haar man, Dick, wat nie op daardie stadium tuis was nie,” het Tasha de Beer, Pienaar se dogter, aan Die Pos gesê. Die twee aanvallers het toe glo gesê dat hulle vir hom sal wag omdat hulle wapens en kontant wil hê. Sy het aan hulle verduidelik dat daar geen kontant in die kluis is nie, maar hulle wou steeds wag. Hulle het in die huis begin rondsnuffel vir ander goedere om te steel terwyl Pienaar haarself losgewoel en probeer ontsnap het. Hulle het haar ongelukkig betrap en ná ’n gestoei stywer vasgebind en toe in die stort geprop. “Hulle het gedreig om haar met die warm water te brand, maar die sonpaneelgeyser het tot haar redding gekom en hulle het later moed opgegee. Hulle het ook lappe en toiletpapier in haar mond en ore gedruk sodat sy nie kon roep of geluide van buite hoor nie,” het De Beer gesê. Pienaar het haarself mettertyd weer losgewoel en saggies by die badkamer uitgesluip. Toe sy besef dat die verdagtes nie op daardie oomblik in die huis is nie, het sy haarself in die hoofslaapkamer toegesluit en die haelgeweer uit die kluis gehaal. Sy het daarna, geweer in die hand, stelselmatig begin om die huis se deure te sluit tot sy laaste by die voordeur was. Sy het besef dat hulle haar handwapen en haar man se .22-geweer, wat albei in die slaapkamer was, gevat het en was baie versigtig. “Volgens my ma was die twee verdagtes op
Chrisca Pienaar (69) van Vaalwater is in die Montanahospitaal opgeneem nadat sy deur ’n aanvaller geskiet is.
daardie stadium in die motorhuis doenig, maar een het haar gesien toe sy die voordeur toeklap en sluit en het dadelik soontoe gehardloop. Dit was die voormalige werknemer. Hy het haar probeer oortuig om die deur weer oop te maak en gesê dat hy nie eintlik deel van die komplot was nie en dat sy hom moet help deur hom in die huis te laat inkom. Hy het ook gesê dat hy ’n wapen vir haar sal teruggee as teken dat hy haar goedgesind is, maar toe sy die wapen by hom wou neem, het hy ’n skoot afgevuur wat haar reg agteroor op die grond laat val het,” het De Beer gesê. Daarna het die verdagtes weggehardloop en nie weer by die huis probeer inkom nie. Albei verdagtes is later aangekeer. (Lees berig op bl. 3.) Pienaar het na die huistelefoon gekruip en haar man gekontak. Hy het dadelik vir Christo Venter, voorsitter van die Vaalwatergemeenskappolisiëringsforum (GPF), gekontak vir hulp. Dit het op Maandag, 4 April, reeds heelwat beter met Pienaar gegaan en hoewel dokters in die Netcare Montana-hospitaal in Pretoria besluit het om nie die koeël te verwyder nie, sterk sy goed aan. Sy was teen druktyd in die hoësorgeenheid, maar sal eersdaags na ’n gewone saal verskuif word. Die koeël, wat tussen haar ken en sleutelbeen in haar nek is, het die meeste van die bene gemis, maar het wel skade aan haar linkerbladbeen aangerig. Dit het twee gaatjies aan die bokant van haar linkerlong veroorsaak, maar die spesialis glo dat Pienaar se long self sal herstel. “Dit is net ’n wonderwerk dat my ma so lig beseer is. Ons glo die Here het haar in hierdie moeilike tyd beskerm. My ma sê dat sy deurgaans kalm gebly en aan planne gedink het om te ontsnap en ook rustig met die verdagtes kon redeneer,” het De Beer gesê. “Chrisca en Dick gaan binne die volgende ses tot agt weke na ’n aftreeoord in Benoni verhuis. Hulle het die trekkery eers vir later beplan, maar het besluit dat dit nou die beste tyd is,” het Johan Pelser, Pienaar se swaer, aan Die Pos gesê.
12