Nou ontkoming vir Warries op motorfietse
3
Oupa gevonnis ná kind se dood by lodge
6
Oud-burgemeestersvrou oorlede
2
®
R6.00
8 Augustus 2014
Ongeluk eis inwoner se lewe
Denise van Bergen ’n Reuse-demper is op opgewonde motorfietsryers se naweekplanne geplaas nadat ’n bekende inwoner van Modimolle en mede-motorfietsryer op Saterdagoggend, 2 Augustus, in die dorp se hoofstraat verongeluk het. Die 29-jarige Koos (Kobus) van der Walt, seun van Kobus en Magda van der Walt van Modimolle, is dood nadat sy motorfiets teen ’n bakkie gebots het. Volgens een van die ooggetuies en vriend van Van der Walt, Johan Coetzee (ook van Modimolle), was hy, Van der Walt en nóg ’n vriend, Coenrad van der Westhuizen, op pad na die Jagkamp om vir vriende te gaan kuier toe die ongeluk gebeur het. Coetzee het aan Die Pos vertel dat hulle vir die naweek by die SanRock-oord bespreek het vir die Roadhoggs se Pork Chop Rally wat daar aangebied is. Van der Westhuizen het vir die naweek van Pretoria af deurgekom vir die geleentheid. Hulle het glo rustig met hul motorfietse deur die dorp gery, met Van der Walt heel
WEN! WEN! WEN!
Koos van der Walt (bo), ’n bekende inwoner van Modimolle, is op Saterdagoggend, 2 Augustus, dood nadat hy met sy motorfiets in ’n botsing met ’n bakkie voor Builders Warehouse in Nelson Mandela Rylaan op die dorp was.
voor. Net toe hulle verby Builders Warehouse in Nelson Mandelarylaan is, het ’n silwer BMW glo langs Van der Walt in die baan gery, toe ’n aankomende bakkie volgens
Staan ’n kans om gratis boeke te wen in ons sms-kompetisie
16
Coetzee reg voor hulle ingedraai het. Die BMW kon betyds uitswaai. Die bakkie en motorfiets het egter gebots. Van der Walt se motorfiets het die bakkie links voor getref en met die impak het hy geval. Die bakkie het daarna vermoedelik bo-oor Van der Walt gery. Coetzee sê nie hy óf Van der Westhuizen is in die ongeluk beseer nie, aangesien hulle ’n entjie agter Van der Walt gery het. Van der Westhuizen sê teen die tyd dat hy by Van der Walt aangekom het, was hy reeds leweloos, en was dit duidelik dat hy kop- en nekbeserings opgedoen het. Die parkeerarea voor Builders Warehouse was binne minute vol mense. Vriende en verbygangers het geskok gestaan en wag vir die polisie se forensiese afdeling om op te daag. Van der Walt se familie het eenkant aan die oorkant van die pad gestaan, terwyl die bestuurder van die bakkie met sy kop in sy hande by die ambulans deur mense getroos is. Volgens ao. Corrie Combrink van die polisie op Modimolle word ’n saak van strafbare manslag teen die bestuurder van
die bakkie ondersoek. Die man se naam kan nog nie bekend gemaak word nie. Jorrie van der Walt, sakeman van Modimolle en Koos se oom, het namens die familie met Die Pos gepraat. “Die ongeluk waarin Koos gesterf het, is ’n tragiese gebeurtenis wat die lewens van baie mense diep raak. Na my mening was ’n oordeelsfout van ’n voertuigbestuurder die oorsaak van die ongeluk. Dit was nie die Here se wil of Sy plan dat ’n jong man sterf nie,” het hy gesê. “Koos was ’n energieke, uitbundige, vriendelike man wat altyd na avontuur gesoek het. Hy was altyd vol streke en het gou die middelpunt van vermaak geword. Hy was geliefd deur sy vriende en familie. “Koos was soms ’n bietjie wild, maar hy het ’n sagte hart gehad. Hy was ook ’n goeie sportman, uitstekende kunstenaar en baie entoesiastiese motorfietsryer. Ons sal hom onthou as ’n man vol lewenslus,” het hy gesê. “Hoewel sy aardse lewe gesteel is, weet ons dat sy gees veilig by Jesus is.” Van der Walt se familie sê hulle spreek hul vergifnis openlik uit teenoor elke party in hierdie ongeluk en hoop dat mense hieruit sal leer hoe kosbaar die lewe is en hoe belangrik dit is om verkeersreëls te respekteer, selfs op ’n klein dorpie. “Ons besef hoe gouer ons vergewe, hoe gouer kan ons Vader genesing in ons harte bring,” het hy gesê. “Die familie word absoluut gedra en ondersteun deur so baie vriende en sommer net bekendes. Dit beteken regtig vir ons baie. Ons harte is seer, maar ons treur met hoop, want ons vertroosting is in ons redder, Jesus Christus.” Van der Walt word oorleef deur sy pa Kobus, ma Magda, suster Gerda, broer Rikus en sy vriendin Amelia (ook van der Walt). Die roudiens en viering van sy lewe word op Vrydag, 8 Augustus, om 10:00 vanuit die NG Oos-gemeente in Magasynstraat op Modimolle gehou.
Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER