Die Pos 8 Januarie 2016

Page 1

BESTE PLAASLIKE KOERANT - LiN Media-toekennings vir 2015

Woede oor droë krane in feestyd

4

Twee by bekende hotel aangeval

5

Dis tyd vir Kranskopfees

3

®

8 Januarie 2016

R6.00

Waterberg se slimkoppe

Jana Coetzee en Amorie Rudolph van Hoërskool Warmbad het breed geglimlag toe hulle hul matriekuitslae dié week by die skool gekry het. Jana het drie onderskeidings ingepalm en word aanstaande jaar ’n Tukkie waar sy BSc gaan studeer. Amorie het vyf onderskeidings ingepalm en gaan rekenaaringenieurswese by Tukkies studeer. Foto: Herman Steyn

Dié drie leerders van Hoërskool Nylstroom het rede om so te bokspring. Hermann Calitz en Mart-Marie van der Merwe het elk sewe onderskeidings behaal, en Karla Schoeman ses. Foto: Herman Steyn

Die vreugdesvure het hoog gebrand in ’n hele paar Bosveldhuishoudings toe die jaarlikse matriekuitslae Woensdagoggend, 6 Januarie, amptelik bekend gemaak is. Die Pos plaas vandeesweek foto’s van die skole in ons lesersgebied se topmatrieks. Hou aanstaande week se uitgawe dop vir kommentaar, onderhoude, asook nóg uitslae. (Nog uitslae op bl. 2.)

Ilse Gravett, hoofmeisie van Hoërskool Hans Strijdom, het sewe vakonderskeidings behaal. Ilse gaan aanstaande jaar Bsc Dieetkunde op Potchefstroom studeer. Sy het ook vanjaar uitgeblink in hokkie, atletiek, tennis, redenaars en debat.

WEN!

Staan ’n kans om GRATIS boeke te wen in ons sms-kompetisie. HOU DIE POS DOP VIR INLIGTING.

Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Die Pos 8 Januarie 2016 by Die Pos koerant/newspaper - Issuu