Dorpe nog in duister oor ‘regrukplan’
2
Booswigte teiken bekende kaasplaas
3
2 Eskom staan vas ®
8 Junie 2018
R8.00
Bela-Bela deur
vlamme geteister Die Kingfisher Nest-gastehuis buite Bela-Bela se grasdakrestaurant het in die vroeë oggendure van Maandag 4 Junie afgebrand. Die munisipaliteit se brandweertrok het tydens die brand in ’n sementgat beland en is beskadig. Andries van der Heyde Daar is duidelik nog geen einde aan die ongekende vlaag brande wat sake-eienaars van Bela-Bela tref nie. ’n Brand het in die vroeë oggendure van Maandag 4 Junie by die Kingfisher Nestgastehuis se grasdakrestaurant net buite die dorp uitgebreek en die gebou in puin gelê. Die plek het voorheen as Strawberry Khaya bekendgestaan. Die gastehuis is nie deur die brand geraak nie. Volgens Magda Diederiks, bestuurder van Hartelief-kwekery, wat teenaan die gastehuis grens, het die brand kort voor 02:00 ontstaan. Diederiks en haar gesin woon op die eiendom en het gesê hul hond, Clio, het hulle wakker gemaak toe die brand ontstaan het. Volgens haar was dit vreesaanjaend toe die wind opgekom en die vlamme aangeblaas het. Hulle het gou ingespring en ’n gedeelte op hul eiendom, wat die naaste aan die brand was, met ’n tuinslang natgespuit. Gelukkig het die kwekery geen skade
Die brand by opgedoen nie. Kingfisher is teen Die Bela-Bela06:00 onder beheer brandweer was binne gebring. ’n halfuur nadat die Proppie van Reenbrand uitgebreek het Bela-Bela SuperSpar, ’n en, eienaar van die op die toneel en het groot deel van die Bela-Bela gastehuis, wou op die brand hierdie stadium geen stelselmatig onder Waterfront, ’n sakesentrum kommentaar oor die beheer gebring. op die hoek van Kretzchmarbrand lewer nie aanDie brandweertrok en Lunaweg, die Feathersgesien die versehet egter naby die restaurant en die Bela-Belakeraars, asook die grensdraad teenaan polisiebarakke. polisie, tans besig is die R516-pad na met hul ondersoeke. Thabazimbi in ’n Hy het wel aan Die oop sementgat Pos gesê die gastehuis met die vasgeval. Die trok het voor en onder skade restaurantgedeelte is tans in die mark. opgedoen. “Alles is nog baie deurmekaar hier, maar ek Die trok het teen dagbreek steeds in die gat wil graag almal wat tydens die brand gehelp vasgesit en die brandweerpersoneel is met het, bedank,” het Van Reenen gesê. privaat vervoer terug na die brandweerstasie Volgens sers. Hester van Zyl, polisiewoordgeneem, het Diederiks gesê. Thipe Dlamini voerder van die Bela-Bela-polisie, word ’n van die munisipaliteit het by navraag aan saak van brandstigting ondersoek. Die Pos gesê die trok is intussen herstel. Sy het gesê dit is nog nie bekend hoe en ’n Brandweerwa het tydens die brand wat in Mei by die Bela-Bela Waterfront ontstaan het, waar die brand ontstaan het nie en niemand is tydens die brand beseer nie. ook vasgesit.
Ook in Bela-Bela deur brande verwoes:
Brande het ook die afgelope klompie jare die Bela-Bela SuperSpar verwoes, ’n groot deel van die Bela-Bela Waterfront, ’n sakesentrum op die hoek van Kretzchmar- en Lunaweg, die Feathers-restaurant buite die dorp en die Bela-Bela-polisiebarakke. Die Pos het ook al berig oor tientalle huise in en om die dorp wat afgebrand het. * ’n Sinkhuis in die Koppewaaiomgewing, op die Alma-pad buite die dorp, het ook die vorige dag afgebrand. Lede van die Bela-Belamunisipaliteit, wat Zachariah Moeletsi, die speaker, lede van die kommunikasie-afdeling, asook risikobestuur ingesluit het, het die toneel op Maandag 4 Junie besoek. Gerugte dat iemand die brand by die sinkhuis gestig het, het die ronde gedoen. Salome Mahladisha, die slagoffer, wou nie met Die Pos praat oor wat gebeur het nie. Thipe Dlamini, hoof van risikobestuur, het aan Mahladisha belowe dat die munisipaliteit nuwe boumateriaal aan haar sal verskaf, asook nuwe beddegoed. Hy het ook belowe om met die departement van binnelandse sake in verbinding te tree oor haar identiteitsdokument wat in die brand vernietig is. Hulle het verder gesê dat hulle met die SuidAfrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) in gesprek sal tree om kospakkies aan haar te voorsien. Die polisie was tydens Die Pos se besoek op die toneel om verklarings te neem. Die brand het plaasgevind op ’n gedeelte van Erf 1492 — die gedeelte waarop plakkers sedert 2013 onwettig woon. Die hooggeregshof het in 2014 ’n bevel uitgereik dat die plakkers die grond moet ontruim, maar die bevel is nooit deurgevoer nie. AfriForum het probeer om ’n aansoek te bekom om die oorspronklike bevel deurgevoer te kry, maar het dié aansoek intussen om geldelike redes laat vaar. Hierdie gebied is tans sonder ’n wyksraadslid sedert Kobus van der Merwe, DA-raadslid, in April bedank en die Bosveld vir die WesKaap verruil het. Die tussenverkiesing in die wyk vind op Dinsdag 17 Julie plaas.
8