Rowers skiet sakeman (62) voor kitsbank
2
Boer sterf op pad na sy broer se begrafnis
3
Modimolle se Druiwefees is aan die gang! ®
R6.00
9 Januarie 2015
7
Waterberg-skole kry goeie oes onderskeidings
8 Dié vyf Nylies was behoorlik uit hul velle oor hul matriekuitslae. Dié Nylies wat die onderskeidings ingeryg het, is Karin Jonker (6), Lizné Turvey (7), Retief Greeff (6), Rainier Lombaard (5) en Marissa de Villiers (6). Foto: Herman Steyn
Ronél van Jaarsveld
Francois Botha (5) en Jolet du Plessis (6) van Hoërskool Warmbad.
WEN! WEN! WEN!
Is dit iets in die water of dalk die vars Bosveldlug? Leerders in Die Pos se lesersgebied staan nie ’n tree terug vir skole in die res van die land nie — dit is bewys deur die stapels A’s wat verlede jaar se matrieks ingeryg het. Hanru de Vos van Hoërskool Hans Strijdom op Mookgophong is een van Limpopo se uitblinkers en het agt onderskeidings behaal. Hy gaan vanjaar aan die Universiteit van Noordwes se Potchefstroom-kampus studeer om ’n geoktrooieerde rekenmeester te
Staan ’n kans om gratis boeke te wen in ons sms-kompetisie
12
ONDERSKEIDINGS
Toppresteerder, Hanru de Vos van Hoërskool Hans Strijdom.
word. Die Hansies het ’n slaagsyfer van 94% behaal en 47 onderskeidings ingesamel. Hul hoofmeisie, Arina Genis, en Inge Janse van Rensburg het albei vier onderskeidings gekry. Hoërskool Warmbad het ’n 99,6% slaagsyfer behaal, 83 vakonderskeidings ingepalm en uit die 107 matrieks het 61 universiteitsvrystelling. Hul toppresteerder was Jolet du Plessis, wat ook hoofmeisie was, met ses onderskeidings. Francois Botha het vyf onderskeidings verwerf. Hoërskool Nylstroom spog met ’n slaagsyfer van 97,50%,
waarvan 44,44% van hul leerders universiteitstoelating behaal het. Die Nylies se toppresteerder was Lizné Turvey, wat A’s in al sewe haar vakke behaal het. Karin Jonker, Retief Greeff, Marissa de Villiers en Marlise Lamprecht het elk ses A’s behaal. Rainier Lombaard, Talifhani Phidza en Leandri Taljaard het elk vyf A’s gekry, terwyl Kamogelo Seloane, Jean-Deleys Brits, Alida du Plessis en Elizabeth Bester elk vier A’s ingepalm het. Daar was in totaal 103 leerders wat A’s behaal het. Lees binne meer oor die matriekuitslae.
Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER