ATKV Mediaveertjies 2013 - Beste plaaslike koerant Lees binne oor die stemdae op Vaalwater en Mookgophong Boewe loop hul rieme styf ná inbraak by pastorie 5
Riekert peuter glo met toneel ná moord ®
3 R6.00
9 Mei 2014
Waterbergers stembus toe vroegoggend kom stem het. Andries du Plessis en sy vrou, Ans, het vroeg die oggend van hul plaas buite die dorp gery en was teen 6:30 in die ry. Hulle het aan Die Pos gesê dat die stemproses vlot verloop het en dat die verkiesingsbeamptes baie vriendelik en behulpsaam was toe hulle gestem het. Vriendinne Lindie Pretorius en Jana Oosthuizen het aan Die Pos gesê dat mense veronderstel is om hul kruisies te trek. “Dié wat dit nie doen nie, het dan nie enige redes om te kla oor hoe dit in die land gaan nie,” het Pretorius gesê. Sy het gesê dat dit ’n baie interessante verkiesing gaan wees en hopelik sal daar nie weer te veel
‘Die mense is steeds waar hulle 20 jaar gelede was. Mense is steeds arm, daar is geen infrastruktuur en geen dienste nie.’
Adriaan Bergh, voormalige Mnr. SuidAfrika, het sy stem by Laerskool Warmbad uitgebring tydens die nasionale verkiesing. Andries van der Heyde Die stemmery op Woensdag, 7 Mei, het teen druktyd by al die groot dorpe in Die Pos se lesersgebied vlot verloop. Volgens Mafa Netshivhambe van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) op Bela-Bela het die reëlings vir verkiesingsdag goed verloop en daar was min probleme by die stempunte. Sy het gesê dat ongeveer 28 000 mense in die Bela-Bela-omgewing vir die verkiesing geregistreer het. By Laerskool Warmbad se stempunt was dit meestal middeljariges en bejaardes wat
Die Pos nou ook op Facebook en Twitter
wegblyers wees, wie se stemme dan outomaties aan die ANC gaan nie. Voormalige Mnr. Suid-Afrika en oudWarrie, Adriaan Bergh, het van Gauteng gekom vir die verkiesing. Hy het gesê dat dit ’n voorreg is om te stem en mense wat in Suid-Afrika woon, is veronderstel om deel te wees van die proses. Voor die verkiesing het hy aan OVKveldtogte deelgeneem om mense bewus te maak van die verkiesing en om hulle aan te moedig om te stem. Hy het gesê dat daar talle mense is wat danksy die sosiale netwerke en veldtogte by die stempunte opgedaag het. Bergh was wel bekommerd omdat dit nie gelyk het asof daar baie jongmense vir die verkiesing opgedaag het nie. Hy het gesê indien mense verandering wil hê, moet hulle gaan stem. Een van die inwoners wat probleme by Laerskool Warmbad se stempunt opgetel het, was Linda Matthee, wat met haar
Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za
paspoort opgedaag het in plaas van haar ID-boek. Sy het gesê dat dit “silly” is dat mense nie alternatiewe identifikasie kan toon om te stem nie. Sy was onlangs in Australië om vir haar dogter, Rina Fourie, te gaan kuier. Die Australiese ambassade in Pretoria het haar ID-boek geneem toe sy aansoek gedoen het vir haar visum en dit is steeds by die ambassade. Matthee moes na die departement van binnelandse sake gaan om ’n tydelike ID-dokument te kry om aan die verkiesing deel te kan neem. By die NG Moedergemeente, ’n ander stempunt op die dorp, was dit teen agtuur die oggend stil. Abel Reddy, ’n kontrakteur van die departement van landelike ontwikkeling, het daar sy kruisie getrek. Hy kom oorspronklik van Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal en het daar geregistreer. Hy was vir werk op Bela-Bela en kon dus stem al was hy buite sy provinsie. Hy het aan Die Pos gesê dat veranderinge in die land nodig is en indien mense vir die regte party stem, kan daar verandering plaasvind. Hy het gesê omdat hy gereeld vir sy werk deur die hele land reis, sien hy hoe baie gebiede agteruit gegaan het. “Die mense is steeds waar hulle 20 jaar gelede was. Mense is steeds arm, daar is geen infrastruktuur en geen dienste nie,” het hy gesê. Hy het verder gesê hoewel die ANC sê hulle doen baie vir die land, lyk dit asof hulle nie veel doen nie. “As mense ’n ryk land wil hê, moet die regering die mense gee wat hulle nodig het.” Johan Adams, hoof van Spa Park Primary School op Bela-Bela en OVK-beampte, het aan Die Pos gesê dat dit vroeg die oggend by die kerk besig was, maar dit het stelselmatig stiller geraak. Hy het gesê dat daar wel jongmense by dié stempunt kom stem het en dat daar geen probleme was nie. Teen druktyd het daar volgens hom reeds meer as 800 kiesers by dié punt gestem. Die tellery sou na verwagting teen middernag op Woensdag, 7 Mei, begin het, en die resultate van die nasionale verkiesing word binne ’n week verwag.
Stil en verlate strate op kiesdag Denise van Bergen Inwoners van Modimolle het ook in hul hordes na stembusse opgeruk om hul kruisies te gaan trek. Terwyl die meeste inwoners die moeite gedoen het om die rye te trotseer, of vooraf geregistreer het om spesiale stemme uit te bring, was daar wel inwoners wat aan Die Pos gesê het dat hulle nie gaan stem nie. Behalwe vir die bedrywighede by die stempunte, was die dorp grotendeels op stemdag stil en verlate. Teen 10:15 was die sowat 17 stempunte in en om Modimolle almal oop en aan die gang. Volgens polisiewoordvoerder, ao. James Findlay, was daar deur die loop van die oggend geen ernstige voorvalle waarvoor die polisie se hulp ingeroep is nie. Findlay het gesê dat die polisie op Modimolle vooraf deeglike beplanning gedoen het om seker te maak dat hulle gereed is vir enigiets wat verkeerd kan loop op verkiesingsdag. Lede het reeds van baie vroeg die oggend hul onderskeie poste ingeneem en sou tot laataand werk. Gideon Ferreira, DA-wysraadslid, het aan Die Pos gesê al die stempunte het betyds geopen en die oggend het vreedsaam verloop. “Alle krediet aan die OVK vir ’n goedgeorganiseerde dag. Almal was van baie vroeg af op hul poste om te verseker dat alles vlot verloop. Die terugvoer wat deur kiesers ontvang is, getuig van tevredenheid en geen klagtes is, sover ons kennis strek, ontvang nie. “Die opkoms deur kiesers was baie positief. Ons hou duim vas dat die uitslae net so sal wees,” het Ferreira gesê.
’n kans om gratis boeke te wen in ons sms-kompetisie WEN! WEN! WEN! Staan
16