Die Pos 9 Oktober 2015

Page 1

BESTE PLAASLIKE KOERANT - LiN Media-toekennings vir 2015

Waterkrisis op Modimolle

Matrieks spog in blinkste vere

3 R6.00

Mooiste orgidieë

6

BINNE

®

9 Oktober 2015 Lodewyk Riekert is op Donderdag, 1 Oktober, in die rondgaande hooggeregshof op Modimolle deur regter Frans Kgomo aan moord op sy vrou Mia Riekert skuldig bevind. Hier ontvang hy ondersteuning van sy dogter, Rika de Beer. Foto: Herman Steyn

Dit was moord, sê hof Ronél van Jaarsveld Die rondgaande hooggeregshof op Modimolle het op Donderdag, 1 Oktober, vir Lodewyk Riekert, wat daarvan aangekla word dat hy sy vrou Mia Riekert verlede jaar op Bela-Bela vermoor het, skuldig bevind aan moord. Mia is op Vrydag, 18 April, dood weens verskeie kopwonde. Sy is in die vroeë oggendure deur Riekert se seun en ’n vriend na ’n hospitaal op Bela-Bela gehaas nadat Riekert sy seun gebel het. Sy is by die hospitaal dood verklaar. Riekert is voor die hospitaal in hegtenis geneem.

WEN! 21 Staan ’n kans om GRATIS boeke te wen in ons sms-kompetisie

Regter Frans Kgomo, wat ook die Griekwastad-moordsaak behartig het, het aan Riekert, ’n groentesmous van Bela-Bela, gesê dat hy homself herhaaldelik weerspreek het en sy weergawe van die gebeure nie geloofwaardig is nie. Riekert het tydens sy getuienis volgehou dat hy so besope was dat hy die meeste van die aand se gebeure nie kon onthou nie en dat hy Mia slegs een keer met die vuis geslaan het waarna hy hulp ontbied het. Die staat het egter bewys gelewer dat Riekert se weergawe nie inpas by getuies se tydlyn nie en dat daar vier ure is waarvan hy nie rekenskap kan gee nie.

5 CD’s vir 5 gelukkige lesers Meer op bl.

9

Die Pos op Facebook en Twitter. Web: diepos.linmedia.co.za

Regter Kgomo het tydens sy uitspraak gesê dat die polisiebeampte wat tydens die verhoor getuig het, gesê het dat hulle bebloede sleepmerke in die huis gekry het, wat daarop dui dat sy aan haar voete gesleep is. Die toneel was met glasstukke besaai en daar was baie bloedspatsels in die woonvertrek en kombuis. In die badkamer was daar ’n groot poel bloedwater op die vloer wat sowat 2 cm diep was. Daar was ook bloed in die bad. Daar was tekens dat iemand die bloed uit Mia se klere probeer was het. Volgens regter Kgomo het die patoloog se verslag daarop gedui dat sy veelvuldige beserings regoor haar liggaam opgedoen het

wat stryk met uitermatige harde houe. Sy het erge hoofbeserings opgedoen. Hy het gesê hoewel Riekert se verweer was dat hy uitermatig dronk was, het getuies wat daardie aand by hom was kort voordat hy huis toe is, getuig dat hy gedrink het, maar nie smoordronk was nie. Hy kon glo nog normaal praat en redeneer. Regter Kgomo het dit aan hom gestel dat hy die tye gedurende die aanval wat ongunstig vir hom sou wees eenvoudig in die hof “vergeet” het, maar dat hy dit wat in sy guns kon tel, duidelik onthou het. Riekert se vonnisoplegging vind op Maandag, 26 Oktober plaas.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.