BROOKLYN B R O K K I E S 2016
Die biltongfees van die Gereformeerde Kerk Brooklyn was weer een van die hoogtpunte op die kerkkalender.Lidmate, gaste en vriende kon saam kuier en weglê aan ’n groot verskeidenheid biltong, droëwors en bykos. Die opbrengs van die biltongfees lewer 'n merkwaardige bydrae tot die instandhouding van die kerk se dienswerk.
Kampusontwrigting bring spanning
Die een groep was kwaad – kwaad Die ander groep was moedeloos en moeg
Chris de Beer
Die universiteit het vanjaar skaars begin toe raak dinge weer dol. Die meeste van ons onthou nog verlede jaar se stakings oor registrasie en klasgeld. Die kampus is deur verskeie groepe ontwrig en die impak daarvan gaan waarskynlik nog lank gevoel word. ’n Mens het die studente se spanning hieroor ervaar, veral in persoonlike en groepsgesprekke. In al die gesprekke was daar veral twee argumente wat uitgestaan het. Die een groep was kwaad - kwaad oor beloftes wat jare lank nie verwesenlik is nie. En die ander groep was moedeloos en moeg om geblameer te word vir ’n stelsel waaraan hulle nie direk deelgeneem het nie. Hulle wonder of daar vir hulle ’n toekoms in ons land is. Tussendeur alles het ek self met gemengde gevoelens gesit, want ek kan sien hoe hierdie spanning aan die mense vreet. Met dit alles agter die rug het die nuwe jaar sommer vinnig sy eie uidagings aan die universiteit gebied. Hierdie keer oor
kwessies soos onder meer taal, iets wat baie mense naby aan die hart lê. Ongelukkig het die konflik ook soms uitgeloop op geweld en vandalisme, maar tog het daar ook iets wonderliks gebeur. Die konflik het veroorsaak dat die studentegemeentes vir die eerste keer in baie jare besluit het om saam te werk. Die gevoel was dat die kerk ’n leidende rol moet speel in die gesprekke oor versoening en die toekoms van ons land. Die tyd vir op die draad sit is verby. Dit was ook wonderlik om te sien en te ervaar hoe God toe sy studente-weermag oproep om te begin bid. Honderde studente het soggens vroeg bymekaar gekom om rondom die universiteit te stap en vir die universiteit en die studente te bid. Dit was waarlik een van die hoogepunte wat ek al ervaar het. Wat die toekoms van die universiteit inhou, is onseker, maar oor een ding is ons wel baie seker. Ons Koning Jesus is op die troon, Hy regeer en sorg vir sy kinders.
BINNE: Aktueel – Diensgroepe – Bediening - Stories – Gemeentesake