30 MEI/31 MEI
Mari BassonCarstens, prinsipaal van Anna Basson Eiendomme (middel, haar man Deon Car stens (regs) en ’n gas, Frans Stroebel (links)
Cornette Liebenberg (links) en Yolandé Visser
Anna Basson vereer agente Dié funksie waar agente erkenning ontvang vir hul prestasies, is ’n jaarlikse geleentheid. Aan die einde van die 40ste bestaansjaar van Anna Basson Eiendomme Stellenbosch is besluit om hierdie funksie te hou aan die einde van elke finansiële jaar, sodat almal die nuwe energie en motivering wat prestasie meebring, kan ervaar. Danksy ’n ongelooflike samestelling van beeldmateriaal deur ’n jare lange vriend en kliënt van die maatskappy, is die gaste by die privaat funksie vermaak met musiek en op-
voerings van die sestigs tot die negentigs (wat sommige se gaste ouderdomme weggegee het!). Wyle dr. Anton Rupert se filosofie, naamlik “Hy wat nie in wonderwerke glo nie, is nie ’n realis nie”, is weer eens bevestig. Mense soos Susan Boyle het gewys dat drome waar kan word. Ná afloop van ’n inspirerende en nostalgiese reis, is die Agente van die Jaar vir 2012 bekendgemaak. Yolandé Visser is as Verkoopsagent van die jaar aangewys. Sy het die meeste kommissie geskryf , nie ’n eerste vir haar nie!
Cornette Liebenberg is as Werwingsagent van die jaar aangewys. Cornette het die meeste “regte” eiendomme gewerf, met ander woorde eiendomme wat verkoop het – ook nie ’n eerste erkenning vir haar nie. ’n Redelike nuweling in die span, Janine Taylor, is as Verhuringsagent van die jaar aangewys weens die grootste groei in die verhuringsportefeulje van Anna Basson Eiendomme). Janine bestuur die Welgevondenkantoor van Anna Basson Eiendomme.
Yolandé en Cornette werk reeds 11 en 12 jaar onderskeidelik by Anna Basson Eiendomme Stellenbosch. “Die kompetisie was weer eens baie sterk en ons by Anna Basson Eiendomme is bevoorreg om so ’n uitmuntende span te hê. “Sonder ons baie bekwame ondersteunende administratiewe span sou ons ook nie die prestasies kon behaal nie,” het Mari Basson-Car-
stens, prinsipaal van Anna Basson Eiendomme gesê. Die funksie is afgesluit met ’n herhaling van opvoerings van gewone mense wat die “sterre” bereik het. “Dankie aan ons hele span van “sterre”! As ’n Stellenbosse firma sedert 1972, het ons besef hoe geseënd ons is en ons sal altyd ons leuse uitleef – ‘Ons leef Stellenbosch’,” het Basson-Carstens bygevoeg.
Jané van der Merwe (links) en Euri ka van Vuuren
Elmien Smit (links) en Coreen Eras mus
Anna Basson Eiendomme se agente by die “Agent van die Jaar”funksie (van links): Yolandé Visser, Mari Basson Carstens, Mari Marais, Reneé van Tonder, Sarene Opperman, Marina Klopper en Machdel Basson.
Vanessa Fernhout (links) en Liezl Laubscher