Boland sold 9 oct 2014

Page 1

9 OKTOBER

TOEGEWYD:VIR MEER AS 40 JAAR AL

Dié agentskap ‘leef vir Stellenbosch’

Vir meer as 40 jaar verkoop en verhuur die Anna Basson-eiendomsagentskap eiendomme in Stellenbosch vanuit hulle kantoor in een van die geskiedkundige dorpsgeboue in Pleinstraat. Die Anna Basson-span het onlangs bymekaar gekom om die jaar in oënskou te neem by Mont Marie in die Blaauwklipvallei en die beste werwingsagent, verhuringsagent en agent van die jaar aan te wys. Voor die formaliteite het al die agente eers ’n 3 km-staproete deur die fynbos en wingerde van Mont Marie afgelê. “Pret en spanwerk is mos deel van die waarde-

stelsel by Anna Basson Eiendomme,” sê Mari Carstens, direkteur van Anna Basson Eiendomme. Cornette Liebenberg is aangewys as agent van die jaar, asook werwingsagent van die jaar. Vanessa Fernhout is as verhuringsagent van die jaar aangewys. “Danksy die harde werk van dié agente en die res van die span, wat bestaan uit agente en administratiewe personeel, is Anna Basson Eiendomme sinoniem met Stellenbosch.” Gedurende die besoek aan Mont Marie het die Anna Basson-span die asemrowende uitsigte en goeie oefening geniet en weereens die Anna Basson-leuse gestand gedoen, “Ons leef Stellenbosch”.

Die Anna Basson­ei­ endomspan is hier by Mont Marie in die Blaauwklip­vallei.

Van links is Vanes­ sa Fernhout (ver­ huringsagent van die jaar), Deon en Mari Carstens (di­ rekteure van Anna Basson­eiendom­ me) en Cornette Liebenberg (agent van die jaar en beste werwings­ agent).


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.