Eikestad Nuus 19 August 2011

Page 1

www.eikestadnuus.co.za

Kylemore Vrydag, 19 Augustus 2011

NUUS

Helderberg

Jaargang 61 | Tel 021 887 2840

Middedorp­ jaagtog

Fred van der Vyver wen siviele saak

R4,80 (BTW ingesluit)

MUSIEK

Ollie Viljoen stel nuwe album bekend

­ bl. 5

­ bl 15

NUUS

SPORT

Nie net in flieks nie: ’n Wilde jaagtog wat hom Saterdagaand in Stellenbosch se middedorp

Tutu se besoek lei tot nuwe debat ­ bl. 3

afgespeel het, het ’n student van Boland Kollege agter tralies laat beland met klagte van dronkbestuur en roekelose en nalatige bestuur teen hom. Restaurantgangers se maaltyd is wreed onderbreek toe ’n Audi teen drie ander voertuie in Pleinstraat gebots het. Die jaagtog het begin toe ’n verkeersbeampte die voertuig teen ’n hoë spoed in Pleinstraat sien ry en hom agternagesit het. Dit het in ’n wilde, heen-en-weer-jaagtog teen tot 140 km per uur ontaard. Nie eers die sloot waarin die motor in Louwstraat beland het, het hom gestuit nie. Voetgangers moes in ’n stadium uit die pad spring voordat twee passasiers in die ry uit die motor gespring het. Aan die bopunt van Pleinstraat het hy twee motors aan die linkerkant van die pad getref, omgeswaai en teen ’n derde motor aan die regterkant van die pad tot stilstand gekom. Niemand is beseer nie. Die senior verkeersbeampte wat die man in hegtenis geneem het, Henry Adams, bedank CSS Tactical Services vir hul bystand toe die man hom teen in hegtenisname verset het.

Stellenbosch maak reg vir interskole

­ bl. 48


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Eikestad Nuus 19 August 2011 by Eikestad Nuus - Issuu