www.eikestadnuus.co.za Tel: 021 887 3115 Birdstraat 182, Stellenbosch Wheel Alignment Shocks Exhausts CV Joints Ball Joints
Kylemore Vrydag, 22 Julie 2011
Helderberg
Jaargang 61 | Tel 021 887 2840
R4,80 (BTW ingesluit)
BINNE • INSIDE
Rowers Sakeman in Boord aangeval ;3
Abel Malan Prof. se aanvaller uit op borgtog
;4
Die voertuig waaruit die vermeende rowers gespring het, word deur die misdaadtoneelondersoekspan deursoek vir vingerafdrukke en goedere wat hulle aan ander voorvalle kan verbind. Op die foto regs deursoek polisiebeamptes een van die verdagtes. Foto’s: Elbé van Heerden
Website New Eikestad nuus site launched
;2
Dolle jaagtog ELBÉ VAN HEERDEN
D
Wen met Stellenbosch wynfees ; 16
IE Stellenbosch SAPD het Donderdag, kort voor 12:00, twee vermeende rowers in Dalsig vasgetrek. Volgens kapt. René Matthee, polisiewoordvoerder, het die speurtak ’n wenk ontvang van ’n verdagte blou Opel Kadette wat die afgelope paar dae by Die Boord-winkelsentrum gesien is. “Die speurders is Donderdag ingelig dat dié voertuig met vyf insittendes, daar staan,” het sy ge-
sê. Hulp is ingeroep en hulle het die area begin patrolleer. “Die speurders het die voertuig met drie van die vyf insittendes in Rhodes Noord-straat opgemerk. Dit het tot ’n jaagtog gelei.” Volgens Matthee was ’n sekuriteitsvergadering op daardie tydstip in die polisiekantoor onderweg en het die onderskeie sekuriteitsmaatskappye hul motors ontplooi om bystand te verleen. Die polisie het die verdagtes tot in Colignystraat parallel met Van Rheedestraat -
in Dalsig agtervolg, waar hulle in ’n doodloopstraat gestop, uitgespring en te voet gevlug het. “Een is kort daarna in Nellmapiusstraat, binne ’n erf, aangekeer, terwyl die tweede verdagte binne ’n aangrensende erf in Kochstraat was.” Die derde insittende en twee ander verdagtes is steeds soek. Volgens Matthee is daar nie wapens by die mans gevind nie. Daar word vermoed dat dié mans met ander voorvalle in dié woonbuurte verbind kan word.
) Om 09:15 gisteroggend is ’n gewapende rooftog in Plankenbrug aangemeld. Na bewering het twee mans die Dhobi-wassery in Brugstraat binnegegaan en vir werk gevra. Hulle is weggewys, maar kort daarna het nóg twee mans ook kom werk soek. Volgens Matthee het twee van dié mans later teruggekeer, die ontvangsdame met ’n vuurwapen gedreig en geld uit die kluis gebuit. Hulle het ook haar handsak gesteel voordat hulle in die rigting van Enkanini gevlug het.