www.eikestadnuus.co.za
Xtantis
Experience our promise: Immortal Power.
We Sell and Hire Generators.
You can afford a generator! 0860 333 000 - email: info@xtantis.co.za or Visit our website at www.xtantis.co.za
Helderberg
Kylemore
Jaargang 61 | Tel 021 887 2840
BINNE • INSIDE
Vrydag, 29 Julie 2011
R4,80 (BTW ingesluit)
GHALPIE
KONINKLIKES
Vyf jaar vir pawiljoen moles ;6
Elana Meyer in Monaco vir troue ;13
Genoeg! ELBÉ VAN HEERDEN
D
Skud jou vere reg!: Die 10de Stellenbosch Wynfees is hier!
Dié fees het gister by die Paul Roos Sentrum afgeskop en duur tot Sondag, 31 Julie. Die Universiteit Stellenbosch se Mej. Varsity Cup 2011, Minette Tollig (19), het gister al haar feesvere reggeskud. Sien berig op bladsy 17 vir volledige feesbesonderhede. Foto: Samantha van den Berg
IE Stellenbosch SAPD se landelike beveiligingseenheid (Sektor 3) het verlede naweek ’n intensiewe operasie van stapel gestuur om misdaad noord van die dorp hok te slaan. Operasie Pinotage, onder leiding van adj.-off. Marius Williams, sektorhoof van landelike beveiliging, het toegeslaan op misdaad in die area tussen Klapmuts en Koelenhof. Luidens polisiewoordvoerder kapt. René Matthee was die doel om veral koper- en kabeldiefstal in dié area te bekamp deur middel van voertuigbeheerpunte, patrollies en lugondersteuning, die uitreik van lasbriewe en besoeke aan plase om sodoende groter sigbaarheid te bewerkstellig. “Lasbriewe is uitgereik en skrootmetaalhandelaars in die area is deur die provinsiale en plaaslike eenheid vir vuurwapens, drank en tweedehandse goedere besoek. Hulle het ook besoek afgelê by Telkom, Eskom, Transnet en
ARRESTASIES P Vier Somaliese burgers (18, 23, 28 en 31 jaar oud) vir die besit van Khat ter waarde van R1 000. P Vyf mans (21, 21, 23, 29 en 42 jaar oud) vir die besit van agt stoppe dagga. P ’n 23jarige man vir die besit van Mandrax ter waarde van R500. P Drie mans (24, 28 en 29 jaar oud) vir die besit van ver moedelik gesteelde koperstawe van Metrorail met die hulp van Stellenbosch Wag / ADT.
Metrorail,” het Matthee gesê. Twee vierwielmotorfietse en agt perde van die SAPD se berede-eenheid het plase in die area besoek. Voertuie is ook by padblokkades vir onwettige vuurwapens, gesteelde goedere en dwelms deursoek. Volgens Matthee was die operasie ’n dawerende sukses, met 14 arrestasies vir die besit van dwelms, gesteelde goedere sowel as diefstal van ’n voertuig. “Die voertuig is by een
van die padblokkades afgetrek en daar is vasgestel dat dit in Belville gesteel is.” Altesame 2 334 voertuie is Vrydag en Saterdag by 30 mini-padblokkades afgetrek. “Daar is ook 103 verkeersboetes ter waarde van R47 400 uitgereik,” het Matthee gesê. Dié operasie kon uitgevoer word danksy samewerking tussen die SAPD van die Stellenbosch-area, Kraaifontein en Brackenfell, die taktiese reaksie-eenheid, Wes-Kaapse blitspatrollie en die provinsiale openbare orde-polisie. Die Wes-Kaapse lugmagafdeling, Stellenbosch Munisipale wetstoepassing, die provinsiale verkeersafdeling, Natuurbewaring, departement van Binnelandse Sake: Immigrasie, Stellenbosse Landbougenootskap, SARS se antismokke-leenheid, Stellenbosch Wag, ADT en Agriwatch het ook aan Operasie Pinotage deelgeneem. Volgens Matthee beplan hulle om binnekort wéér so ’n operasie in Stellenbosch uit te voer, moontlik aan die suidekant van die dorp.
Stellenbosch Blinds & Shutters