Eikestad VRYDAG, 2 November 2012 | Prys: R5.00 | Tel 021 887 2840 | Faks 021 883 9538 | www.eikestadsnuus.co.za
Klaviere te huur en te koop. Tel:021 887 2938 www.wheuer.co.za
NUUS NET VIR JOU
Die Boord-inwoner die hoenders in 4
Fietsryer op R44 aangeval
5
IDP-vergaderings gekanselleer 6
Orchard Run dié Saterdag 20
BLITSBOKKE IN STELLENBOSCH: Die Springbokse wesspan vertrek binnekort na Doebai vir die begin van die Internasionale Rugbyraad se wêreldreeks. Die tweede by eenkoms in die reeks is in Port Elizabeth van 8 tot 9 De sember. Lesers moet die Eike stadnuus dophou vir lekker pryse in samewerking met die Springbok Sewes in die ko mende weke. Hier is Pieter Engelbrecht, Bernardo Botha, Reuben Johannes, Chris Dry, Paul Delport, Ruwellyn Isbell, Stephan Dippenaar, Kevin Lui ters, Mark Richards en Tshepo Manaka wat almal deel van die groep is vir die seisoen.
FOTO: EUNICE VISAGIE
PLASE GETEIKEN: VERSKEIE VOORVALLE AANGEMELD
Plaasrower geskiet ELBÉ VAN HEERDEN
’n
Vermeende rower is Dinsdagoggend doodgeskiet tydens ’n voorval op ’n plaas aan die R310.
Volgens inligting het die voorval om omstreeks 03:30 plaasgevind op ’n landgoed aan die R304 (Koelenhof-pad). Die plaasbestuurder se vrou het ’n geraas gehoor en haar man wakker gemaak. Hy het gaan ondersoek instel en na bewering twee rowers gewaar waar hulle besig was om die
huis te plunder. Een van die vermeende rowers het hom bestorm en die plaasbestuurder het skote afgevuur. ’n Man is noodlottig gewond. Kaptein FC van Wyk, die provinsiale polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê hulle gaan geen kommentaar lewer oor die voorval nie. Daar word na bewering in die stadium ’n moordklag ondersoek. Rob Dale van ADT-sekuriteit het beaam dat hulle die oggend uitgeroep is na ’n plaas waar ’n man geskiet is tydens ’n huisbraak. “Die offisier het dadelik mediese hulp ont-
bied en die SAPD in kennis gestel van die voorval. Die saak word tans deur die polisie ondersoek.” Dié voorval volg kort ná ’n voorval op die Banghoek-landgoed. Volgens die Groot Drakenstein-polisiewoordvoerder, konst. Rionel Uithaler, het drie onbekende mans om 00:30 toegang verkry tot die woning op die landgoed. “Die verdagtes, na bewering met messe gewapen, het die woning binnegegaan waar hulle ’n 77-jarige man en sy 76-jarige vrou vasgebind en geëis het dat hulle die kluis oopmaak. “Die mans het met ’n onbekende bedrag
kontant en juwele op die vlug geslaan.” Die slagoffers het daarin geslaag om hulself los te maak en het hul seun en die polisie in kennis gestel van die voorval. Die drie mans is steeds op vrye voet. In Junie vanjaar is twee inwoners van die Banghoekvallei vir twee ure lank deur rowers aangehou wat met gesteelde goedere, onder meer selfone en juweliersware, gevlug het. Dit is slegs twee van verskeie plaasaanvalle die laaste paar jaar. ’n Gasteplaas op die Polkadraai-pad is vanjaar twee keer in September deur gewapende rowers geteiken. .