Eikestad VRYDAG, 7 Desember 2012 | Prys: R5.00 | Tel 021 887 2840 | Faks 021 883 9538 | www.eikestadsnuus.co.za
NUUS NET VIR JOU
Verkragting by treinspoor
4
VDS se reusekragrekening
6
Wind se pad van verwoesting 7
Fokus op fietsryers se veiligheid 10
PLAASWERKERS OF POLITIEK: 34 IN HEGTENIS GENEEM
Kinders help om die vuur te stook ná die stakers uitmekaar gejaag is.
FOTO: ELBE VAN HEERDEN
Groendallers saai verwoesting ELBÉ VAN HEERDEN
I
nwoners van Franschhoek het Dinsdag betoog onder die vaandel van die plaaswerkers se staking vir hoër salarisse. Dit wil egter voorkom of die betoging polities gedrewe was. Sowat 300 betogers het vroeg Dinsdagoggend in Groendal, Franschhoek vergader en klippe in die paaie gepak en verhoed dat inwoners van die woonbuurt werk toe gaan. ’n Trok vol plaaswerkers is na bewering met
klippe bestook en plastiekpype en bande is in die strate verbrand. Luidens ooggetuies het die groep betogers ook ’n hond met ’n panga doodgekap toe hy paniekerig geraak het tussen die groot groep mense. Volgens kapt. Aubrey Marais van die Stellenbosch SAPD-kluster het hulle ’n gesamentlike taakspan na die area ontplooi. “Ons is self ook met klippe gegooi en het met rubberkoeëls en minimum geweld die groep uitmekaargejaag.” Verskeie mense is in hegtenis geneem. Teen 12:00 het die betogers uiteengegaan
en net ’n groep kinders het agtergebly wat nog bande aan die brand gesteek het. “Altesaam 34 mense is op klagte van openbare geweld aangekla ná hulle ons met klippe gegooi en brande in die strate begin het. “Van die aangeklaagdes was 22 in aanhouding tot Donderdag vir hul eerste verskyning in die Franschhoek-landdroshof. Die res van die groep het Woensdag reeds in die Paarl verskyn. Die sake is saamgevoeg en al 34 het gister voorgekom.” Leon Morta, hoof van die Stellenboschbrandweerdienste, het gesê hulle is Dinsdag
na die toneel ontplooi om verskeie brande in die strate te blus. Volgens Patrick Oliver, direkteur van openbare veiligheid by die Stellenbosch-munisipaliteit, is die munisipale ingenieursafdeling verantwoordelik vir die opruiming ná so ’n geval. “Ek het die week ’n kompliment gekry van iemand uit die gemeenskap oor die diens wat ons lewer, maar dit is elke keer ’n groot onkoste vir die raad om opruiming te gaan doen indien die gemeenskap oproerig raak. “Die dienste kon moontlik op ’n ander plek beter aangewend gewees het.”