EikestadNuus 12-10-12

Page 1

Eikestad VRYDAG, 12 Oktober 2012 | Prys: R5.00 | Tel 021 887 2840 | Faks 021 883 9538 | www.eikestadsnuus.co.za

NUUS NET VIR JOU

Mall se bouwerk eers gestaak 7

Suspi se toekoms in weegskaal 51

Nóg ’n toekening vir Mouton 16

Vriende en familie buite die huis waar Cecilia Ally verlede Sondag vermoor is.

Maties­sportsterre gekroon 52

FOTO: FRANS LE ROUX

JOHANNESDAL

Vrou (71) wreed vermoor ELBÉ VAN HEERDEN

’n

Inwoner van Johannesdal wat vir jare na twee gestremde familielede omgesien het, is Sondagaand wreed in haar huis vermoor. Volgens lt. Natalie Martin, Stellenbosch-polisiewoordvoerder, het die voorval Sondag (7 Oktober) tussen 16:55 en 18:30 in Lumley-rylaan plaasgevind. Cecelia Ally (71), beter bekend in die gemeenskap as Maureen, is dood in haar kamer aangetref met verskeie messteke aan haar nek en gesig.

Volgens een van haar bure het Ally na haar broer en neef omgesien wat albei verstandelik gestrem is. “Sy was laas lewend gesien deur haar neef wat die huis om ongeveer 16:55 verlaat het. Die res van die familie was nie tuis nie,” het Martin gesê. “Om 18:30 het haar neef die huis binne gegaan en na haar begin soek. Hy het binne en buite die woning geroep en gesoek. Die res van die familie het tuisgekom en sy is uiteindelik op haar bed, onder ’n kombers, in haar kamer gevind. Sy was reeds dood. Sy is vermoedelik met ’n skêr gesteek.” Volgens Martin was daar sowat 15 steek-

wonde aan haar nek en gesig. Die skêr wat vermoedelik in die aanval gebruik is, is die volgende dag deur haar broer buite die huis gekry. Die Groot Drakenstein-polisie is besig met ’n moordondersoek. Die moontlikheid dat sy seksueel aangerand is, word ook ondersoek. Haar neef Jimmy Barnes, wat ook saam met hulle woon, het vertel dat Maureen altyd bereid was om ander te help. “As sy afgestap het tot by die winkel sou sy vir al die bure klein inkopies saambring. “Sy het baie tyd spandeer in die gemeenskap en het met almal gesels. Sy het ’n ongelooflike geheue gehad en het geweet hoe elk-

een se familie-stamboom werk. Sy het ook altyd almal se verjaardae onthou.” Hoe sy aan die bynaam Maureen gekom het, is ook vir Barnes ’n raaisel. “Sy het nooit gesê waar sy aan die bynaam gekom het nie, maar almal het haar op dié naam geken.” Maureen was nooit getroud nie en laat haar broer, haar neefs en geliefde vriende in Johannesdal agter. Twee jong mans is Dinsdag deur die polisie aangekeer en ondervra, maar niemand is nog in hegtenis geneem op die klag van moord nie. Enigeen met inligting rakende die voorval kan die ondersoekbeampte, speursers. Shaun Jacobs bel by 076 890 0413.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.