EikestadNuus 14-09-12

Page 1

Eikestad VRYDAG, 14 September 2012 | Prys: R5.00 | Tel 021 887 2840 | Faks 021 883 9538 | www.eikestadsnuus.co.za

NUUS NET VIR JOU

Winkelrowers vasgetrek 4

Skud vere reg vir Erfenisfees 7

Een klub vir Dwarsrivier? 52

2

ALBERTO COSTA-SAAK: VERDOEMENDE UITSPRAAK

Drie skuldig bevind ELBÉ VAN HEERDEN

D

IE drie mans wat tereggestaan het op die moord op Alberto Costa (44) is gister in die Wes-Kaapse hooggeregshof skuldig bevind. Costa is op 18 Februarie 2011 op sy plaas Cloetesdal, digby Kayamandi, tydens ’n poging tot roof doodgeskiet. Mfundiso Yese (25), Simamkele Mralaza (29) en Cedric Mphakati (27) het tereggestaan op vier aanklagte, naamlik moord, huisbraak met die opset om te roof en die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en die besit van onwettige ammunisie. Al drie het onskuldig gepleit. ’n Vierde verdagte, Vicicelo Madolo, (27), is in Junie vanjaar ná ’n pleit- en vonnisooreenkoms tot 20 jaar tronkstraf gevonnis en hy het vir die staat getuig. Tydens die verdediging se finale argumente Maandag, het regter André le Grange gevra of al drie aangekla behoort te word vir moord. Adv. Maria Marshall, vir die staat, het geargumenteer dat al drie bewus was van die vuurwapen wat Mralaza die aand van die voorval saamgeneem het “vir beskerming” en dat hulle al drie dus hulself aan die moord

skuldig gemaak het. “Kyk na die getuienis. Daar was ’n plan gewees.” Volgens Marshall het hulle met gemeenskaplike opset opgetree en het Mralaza namens die groep die vuurwapen gedra. Le Grange het Donderdag in sy uitspraak gesê die getuienis in die saak is verdoemend. “Hulle het dit beplan, afgespreek om mekaar in die vroeë oggendure te kry en al die verdagtes was bewus van die vuurwapen wat saamgeneem is en dat dit sou gebruik word in die rooftog. “As daar gekyk word na die voorval soos uiteengesit van die begin af, het die ander twee verdagtes hulself skuldig gemaak aan die klag van moord. Dus bevind die hof al drie verdagtes skuldig op die klag.” Rakende die klag van huisroof het die vraag ontstaan of hulle wel toegang verkry het tot die huis en of dit slegs ’n gepoogde rooftog was. Die drie verdagtes is dus skuldig bevind op klagte van poging tot huisroof eerder as ’n klag van roof. Slegs Mralaza is skuldig bevind op die klagte van die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en onwettige ammunisie. Le Grange het die saak uitgestel tot Dinsdag vir vonnisoplegging.

Drie mans is gister in die Wes­Kaapse hooggeregshof skuldig bevind aan die moord van Alberto Costa (44). Hier (van links) is Mfundiso Yese (25), Simamkele Mralaza (29) en Cedric Mphakati (27). FOTO: LULAMA ZENZILE, FOTO24


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
EikestadNuus 14-09-12 by Eikestad Nuus - Issuu