EikestadNuus 19-10-12

Page 1

Eikestad VRYDAG, 19 Oktober 2012 | Prys: R5.00 | Tel 021 887 2840 | Faks 021 883 9538 | www.eikestadsnuus.co.za

NUUS NET VIR JOU

Johannesdal­moord: Skuldige nog soek 4

Vrou van juwele beroof in I’vallei ELBÉ VAN HEERDEN Twee mans wat hulself as goudsmouse voorgedoen het, het Woensdag ’n vrou in Idasvallei beroof. Volgens sers. Zenobia Sedeman, die polisiewoordvoerder, het een van die mans om 15:30 Woensdagmiddag by ’n huis in Rustenbergweg, Idasvallei aangeklop en vir die dame gevra of sy enige goud het om te verkoop. Sy het geantwoord dat sy in die stadium niks het om te verkoop nie. “Hy het egter haar goue halssnoer waargeneem, ’n vuurwapen uitgehaal en dit op haar gerig, en toe die halssnoer van haar nek af geruk. “Haar familie wat ook in die huis was het die geraas gehoor en haar te hulp gesnel by die deur en die man het op die vlug geslaan,” sê Sedeman. Die polisie is na die toneel ontbied en ’n voertuig wat vermoedelik deur die rowers gebruik is is in Rustenbergweg voorgekeer. “Die eerste verdagte het te voet gevlug, maar is later in Tindallstraat in hegtenis geneem.” ’n Tweede verdagte is by die voertuig wat voorgekeer is, in hegtenis geneem. Hulle sal eersdaags in die Stellenbosch-landdroshof verskyn.

Speurders deursoek die voertuig waarin die rowers probeer vlug het.

FOTO: ELBÉ VAN HEERDEN

Probleme met riool in Weltevrede 9

Hope skolenuus en foto’s 14, 19

Skole­tennis floreer in Stellenbosch 27

ENKANINI: SOEK ELEKTRISITEIT

60 ruk op oor diens SAMANTHA VAN DEN BERG

N

óg ’n onwettige optog oor dienslewering is vandeesweek in Stellenbosch gehou.

Dié keer is dit die gemeenskap van die Enkanini informele nedersetting wat die strate van die Eikestad ingevaar het. Dié gemeenskap wil hê die Stellenbosch-munisipaliteit moet hulle van elektrisiteit voorsien. Die groep van sowat 60 betogers het Donderdag om 10:00 in Birdstraat afgestap, waar hulle deur die polisie en munisipale wetstoepassing by die verkeersirkel voor die Eikestad Mall voorgekeer is. Die polisie se blitspatrolie was ook teenwoordig. Die groep was op pad na die munisipale gebou in Pleinstraat. Die straat is afgesper terwyl die polisie probeer het om met die betogers te onderhandel om slegs vier verteenwoordigers na die munisipaliteit te stuur. Die polisie het na bewering ook gewaarsku dat as die groep nie uitmekaar uit gaan nie, traangas op hulle gebruik sal word. Een man is in hegtenis geneem. Ná verteenwoordigers van die groep na die munisipaliteit gestuur is, het die betogers kans gesien om weg te kom en het hulle in die Beyers-steeg langs die Eikestad Mall op gehardloop – in die rigting van die parkeerarea in Andringastraat. Daar is hulle egter van albei kante deur die polisie omsingel. Vernon Bowers, die munisipale woordvoerder, het Donderdagmiddag aan Eikestadnuus bevestig die optog was onwettig. “Die speaker van die raad (Cyril Jooste) het met die groep se verteenwoordigers ontmoet in ’n poging om die situasie te ontlont en openbare veiligheid te verseker. Dit beteken egter nie die munisipaliteit regverdig hul aksies nie.” Volgens Bowers is die Kayamandi Development Forum, in samewerking met die gemeenskap, vroeg in 2012 gestig om die behoeftes van Enkanini aan te spreek. In Augustus

VERKEERSOPEENHOPING NÁ ONGELUK: Drie munisipale wetstoepassers is beseer en die verkeer vir meer as ’n uur ontwrig toe ’n motor teen ’n munisipale wetstoepassingsvoer­ tuig gebots het op die R44, digby Cloetesville. Die wetstoepassers was op pad na die beto­ ging in die middedorp toe die botsing plaasgevind het. FOTO: ELBÉ VAN HEERDEN 2012 het die munisipaliteit ’n enumerasie-studie onderneem om vas te stel hoeveel huishoudings daar in Enkanini is en wat die omvang van hul behoeftes is met betrekking tot elektrisiteit en ander basiese dienste. Hy sê die gemeenskap sal ook by die munisipaliteit en die Universiteit Stellenbosch se High Tech Shack-projek baatvind. Die eerste fase van die projek sluit 100 huishoudings in. “Tydens die ontmoeting met die speaker Donderdag is daar besluit dat die protesgroep en lede van die Kayamandi Development Forum vandag (19 Oktober) weer bymekaar sal kom. Saterdag sal lede ’n inligtingsessie by-

woon oor die raad en diensleweringsproses.” ) Drie wetstoepassingsbeamptes was in ’n botsing betrokke toe hulle Donderdag na ’n optog ontbied is. André de Villiers, hoof wetstoepassingsbeampte by die munisipaliteit, sê hulle was besig om klagtes in Cloetesville te ondersoek toe hulle na die stadsaal ontbied is. “Die bestuurder het sy sirene en noodligte aangeskakel en die R44-oorgang versigtig genader. Die verkeer het gehoor gegee, maar toe hulle die pad oorsteek, het ’n voertuig wat vanuit Stellenbosch gery het, teen die munisipale motor gebots.” Die drie beamptes het ligte beserings opgedoen.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.