EikestadNuus 23-11-12

Page 1

Eikestad VRYDAG, 23 November 2012 | Prys: R5.00 | Tel 021 887 2840 | Faks 021 883 9538 | www.eikestadsnuus.co.za

NUUS NET VIR JOU

Maties bid Oom Kirkie farewell

3

Ring taken from deceased’s finger 4

Finaliste vir Vroue van Inspirasie 12

Wen met Blitsbokke

2 & 20

PLANKENBRUG: BESIGHEDE LOOP DEUR

Die uitvoerende burgemeester, raadsheer Conrad Sidego, ondersoek die skade by die Kaya­ mandi­verkeerslig verlede Donderdag.

Die Kayamandi Economic Tourism Corridor het ook onder betogers deurgeloop en die ruite is met klippe bestook. FOTO:’S ELBÉ VAN HEERDEN

Sinnelose verwoesting ELBÉ VAN HEERDEN Verskeie sakelui in Plankenbrug het ernstige skade gely met die onlangse betogings in Enkanini. Die skare mense het vensters met klippe bestook en toerusting uitgeruk en verbrand op hul spoor van verwoesting deur Plankenbrug. Die besighede naaste aan Enkanini het die ergste deurgeloop. PG Autoglass het gelukkig onlangs hul besigheid na Stoffel Smitstraat verskuif, maar die gebou wat steeds aan die familietrust behoort, is tydens die betogings erg beskadig. Ruite is met klippe uitgegooi, bande is binne die gebou verbrand en al hul rekenaars en te-

lefone wat steeds in die gebou was, is uitgeruk en in die pad verbrand, het die bestuurder Harold Beeselaar gesê. “Ons het gelukkig twee weke gelede getrek en was baie gelukkig dat ons nie meer skade gely het nie.” Volgens Rocco Nienaber, die eienaar, het die skare verlede Woensdag begin om die geboue met klippe te bestook. “Die gebou langsaan (4X4 Co.) behoort ook aan ons. Die ruite is uitgegooi en ons het hulle Donderdagoggend vervang. Die skare het egter later mal gegaan en beide geboue se ruite uitgegooi en aan die brand gesteek.” Volgens Nienaber het die gebou self nie veel skade opgedoen as gevolg van die brand nie, maar al die ruite moet vervang word. So ook

die glas-trapleunings en van die deure wat beskadig is. Mario Delaquis, mede-eienaar van The 4X4 Co. en Mission Trailors wat in die gebou langsaan gehuisves is, het gesê hulle het groot skade gely. “Die skade aan die gebou self beloop ongeveer R1 miljoen. Ons sal ’n nuwe fabriek moet opbou. “ ’n Splinternuwe, handgemaakte tent is ook verwoes. Die kliënt sou dit vandag (Vrydag) kom haal het.” Die skare het verder ook hul rekenaars uitgeruk en in die straat verbrand en ’n gat in die gebou se muur gemaak om in die pakkamer te kom. Marietjie Mentz van Decor Rentals, ’n splin-

ternuwe meubel-verhuringsfirma, se wit meubels was pikswart ná die brand. “Ek verhuur wit meubels vir onder meer troues, maar al die meubels sal nou weer oorgetrek moet word.” Sy raam haar skade op sowat R300 000. ICA, ’n firma wat landbouchemikalieë verskaf aan boere in die omgewing, het ook erg deurgeloop. Die skare het deure afgebreek en ’n laboratorium vernietig. Hul vensters is ook met klippe bestook. ’n Boks wat elektrisiteit aan ICA verskaf, is ook Woensdag uitgebrand, en is Donderdag, ná dit herstel is, weer beskadig toe die skare ’n tweede keer deur die gebied beweeg het. ) Nog ’n berig op bl.5 en vir foto’s van die betogings besoek www.eikestadnuus.co.za.

Burglar bars with style T

his innovative, patented system provides an almost impenetrable barrier against burglars, without your house looking – or feeling – like a prison! ShutterGuard is manufactured from aluminium and stainless steel, with a durable white powder-coated finish, and is impervious to rust and weather. It can be fitted inside windows and sliding doors, and the slats are adjustable to provide a clear view, or to ensure privacy. The panels are lockable, and the patented mechanism makes it extremely difficult for an intruder to break the slats without the use of power tools, even when the slats are in the open position. Forget about bars – get protection with elegant ShutterGuard!

Stellenbosch Blinds & Shutters

Irna van Wyk: 082 572 2740 SomerSet WeSt, Strand, Gordon'S bay: 021 851 0176 StellenboSch, FranSchhoek: 021 883 3783 E-mail: stelblinds@mweb.co.za • Fax 021 886 8516 www.stellenboschblinds.co.za

D

E T S E T

The shutters withstood an attack with a 2-kg hammer! icon Communications 3105-7E

suppliers of taylor quality products • VeNetiaN bliNds • Vertical bliNds • woVeN bliNds • thermowood shutters


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.