EikestadNuus 26-10-12

Page 1

Eikestad VRYDAG, 26 Oktober 2012 | Prys: R5.00 | Tel 021 887 2840 | Faks 021 883 9538 | www.eikestadsnuus.co.za

LIGHTING ELECTRICAL 021 - 887 2786

WE WILL BEAT ANY WRITTEN QUOTES ON LIGHT FITTINGS!

NUUS NET VIR JOU

Roof by Zimbab­ we­woonstelle 4

Onwettige sigarette vernietig 5

SPOEDVRATE GAAN LES OPSÊ

Kameras hou jou dop! ELBÉ VAN HEERDEN

V

erskeie nuwe spoedkameras is reeds in die plek van die vorige groen monsters opgerig, maar daar is nog ’n paar verrassings vir spoedvrate op pad. Die Stellenbosch-verkeersdepartement het pas hul nuwe spoedbeheer-program in werking gestel met die doel om die paaie sover moontlik te beveilig. Assistent superintendent Bennie Fourie van die Stellenbosch-verkeersdepartement se spoedafdeling is aan die stuur van die program. “Daar is reeds kameras aangebring waar die ou kameras was. Dit sluit in die een by Kayamandi, die twee by Mooiberge, die een

Die nuwe kamera in Van Reede­straat wat sal rondbeweeg in die area.

FOTO: ELBÉ VAN HEERDEN

by Polkadraai/Vlottenburg sowel as die een by die oorgang van Van Rheedestraat en die Strandpad (R44). “Daar gaan egter verskeie veranderinge aangebring word,” het Fourie gewaarsku. “Eerstens is daar reeds ’n kamerain-’n-boks wat in Van Rheedestraat by die oorgang na Doornbosch staan. “Dit sal egter voortdurend skuif om dié groter Stellenbosch-area op strategiese punte te beveilig. Ons kyk veral na die paaie waar kinders en voetgangers oor die pad beweeg soos by Laerskool Eikestad, Laerskool Pniel, Klapmuts op die R44 en die Webersvalleipad in Jamestown.” Volgens Fourie word ’n kamera ook langs die R310 (Baden Powell-pad) by Vlottenburgstasie geplaas waar ’n kind onlangs doodgery is. ’n Permanente kamera word ook duskant Kayamandi (in die uitgaande laan) geplaas. “Om die Helshoogtepad te beveilig, sal twee permanente kameras opgerig word by Beltana. Die Klapmuts-kamera sal verskuif word na die nuwe verkeersligoorgang waar twee kameras voortaan spoed- en rooilig-oortredings sal beperk.” Ná klagtes van die publiek word nog twee kameras ook beoog: een in Paradyskloofweg en die ander op die Blaauwklippen-pad. Op die Strandpad na Somerset-Wes sal voortaan kameras opgerig word wat spoed oor ’n afstand sal meet en die opsie vir R45 Franschhoek word tans ondersoek deur die verkeersdepartement. Enige klagtes of voorstelle van die publiek kan gerig word aan Bennie Fourie by die Stellenbosch Verkeersdepartement se spoedafdeling by BennieF@stellenbosch.org of by 021 808 8118.

Wolkbreuk saai verwoesting

6

Boombasstropers slaan toe 10

Protea­bouler plant bome in Cloetesville

DALE STEYN BESOEK LAERSKOOL CLOETESVILLE: Die Suid­Afrikaanse snelbouler Dale Steyn – tans die wêreld se beste bouler – het die afgelope week bome kom plant by Laerskool Cloetesville as deel van sy betrokkenheid by Food & Trees for Africa. Steyn het 60 bome gekoop en van dié bome het ’n tuiste by Laerskool Cloetesville ge­ vind. Hy het ook sowat 200 handtekeninge uitgedeel en talle harte bly gemaak deur saam met leerlinge vir foto’s te poseer en so nóg ondersteuners gewen. Hy het die kin­ ders aangemoedig om mooi na die bome te kyk. “Ek gaan dalk oor ’n jaar terugkom om te kyk of julle die belofte nagekom het om die bome mooi te versorg,” het Steyn gesê. FOTO: EUNICE VISAGIE

Burglar bars with style T

his innovative, patented system provides an almost impenetrable barrier against burglars, without your house looking – or feeling – like a prison! ShutterGuard is manufactured from aluminium and stainless steel, with a durable white powder-coated finish, and is impervious to rust and weather. It can be fitted inside windows and sliding doors, and the slats are adjustable to provide a clear view, or to ensure privacy. The panels are lockable, and the patented mechanism makes it extremely difficult for an intruder to break the slats without the use of power tools, even when the slats are in the open position. Forget about bars – get protection with elegant ShutterGuard!

Stellenbosch Blinds & Shutters

Irna van Wyk: 082 572 2740 SomerSet WeSt, Strand, Gordon'S bay: 021 851 0176 StellenboSch, FranSchhoek: 021 883 3783 E-mail: stelblinds@mweb.co.za • Fax 021 886 8516 www.stellenboschblinds.co.za

D

E T S E T

The shutters withstood an attack with a 2-kg hammer! icon Communications 3105-7E

suppliers of taylor quality products • VeNetiaN bliNds • Vertical bliNds • woVeN bliNds • thermowood shutters


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
EikestadNuus 26-10-12 by Eikestad Nuus - Issuu