EikestadNuus 5-10-12

Page 1

Eikestad VRYDAG, 5 Oktober 2012 | Prys: R5.00 | Tel 021 887 2840 | Faks 021 883 9538 | www.eikestadsnuus.co.za

Klaviere te huur en te koop. Tel:021 887 2938 www.wheuer.co.za

NUUS NET VIR JOU

Matie aangeval buite Kayamandi 4

Onder-Papegaaiberg: Nog leë huise 5

Eikestad Mall: Aansoek vir afwykings afgekeur 6

Kompetisie: Vroue van Inspirasie gesoek 2

KLAPMUTS: NOG ’N ONWETTIGE OPTOG

22 betogers in hof SAMANTHA VAN DEN BERG EN ELBÉ VAN HEERDEN

D

IE kruitstof het nog nie eers kans gehad om op Klapmuts te gaan lê nie toe die gemeenskap nóg ’n onwettige optog Maandag gehou het. Tussen 300 en 400 inwoners het van vroegoggend op die R44 tussen Stellenbosch en Klapmuts betoog. Die pad is met onder meer vullis en klippe bestrooi. Die polisie het traanrook en rubberkoeëls op die betogers losgelaat. Nie minder nie as 22 mense is hierdie week op ’n klag van openbare geweld in hegtenis geneem. Die inwoners is glo ongelukkig oor die stand van behuising in die gemeenskap. Die vorige onwettige optog is sowat drie weke gelede gehou, waarna die organiseerders vir die hou van ’n onwettige optog aangekla is. Eikestadnuus het verlede week berig dat Francois Klomp, ’n siviele ingenieur van WEC-Consult en ’n ontwikkelaar op die dorp, ’n klag van saakbeskadiging teen die organiseerders gelê het nadat konstruksiewerk vir die projek op die Groenfontein-plaas deur betogers vertraag is. Die kontrakteurs is gedreig en verjaag. Die totale skade beloop sowat R110 000. Volgens kapt. Faith de Klerk, Klapmuts-polisiebevelvoerder, is die Paarl SAPD-stabiliseringseenheid se hulp Maandag ingeroep om die skare in toom te probeer hou. “Ons het met behulp van dié eenheid Dinsdag teruggegaan om ’n klag van intimidasie te ondersoek. Die skare het egter oproerig geraak toe ons een van die mans in hegtenis wou neem. Een betoger het ’n klip gegooi en ons polisiewoordvoerder, sers. Naiemah Vaughan, is hard teen die nek en linkerskouer getref. Haar sleutelbeen is in die proses gebreek. ’n Tweede klip is in haar rigting gegooi, maar

sy het dit gelukkig ontduik.” Sy is in Mediclinic Paarl opgeneem en was teen druktyd in ’n stabiele toestand. Vier mense is Maandag in hegtenis geneem en ’n verdere 18 Dinsdag. Hulle het almal Woensdag in die Paarl-landdroshof verskyn. Volgens Lester van Stavel, waarnemende direkteur vir menslike nedersettings en eiendombestuur vir die Stellenbosch-munisipaliteit, is die Klapmuts-klubhuis Maandag aan die brand gesteek en is die skade wat die betogers regoor die dorp aangerig het omvattend. Power Construction, die kontrakteur vir die projek op die Groenfontein-plaas, moes intussen ook vir veiligheidsredes van die perseel verwyder word. Van Stavel verduidelik hul grootste bekommernis is dat verkeerde inligting rakende behuisingsprojekte op die dorp versprei word. Volgens ’n verklaring uitgereik deur die munisipaliteit Dinsdag blyk die gemeenskap se grootste ontevredenheid te wees oor die Klapmuts 99-behuisingsprojek. Dit is ’n projek van ’n Koelenhof-boer wat privaat grond gekoop het vir 99 families wat op sy plaas werk. Daar word nou huise vir die families op die grond gebou. “Die munisipaliteit het egter geen beheer oor die toekenning van die huise nie, omdat dit deur ’n privaat boer betaal word,” lees die verklaring. Die munisipaliteit het egter sy eie behuisingsprojek op die dorp, Klapmuts 1056, wat die bou van 1 056 huise oor ’n periode van drie tot vyf jaar behels. Die eerste fase bestaan uit ’n 100 huise en slegs Klapmuts-inwoners op die behuisingswaglys sal in die eerste fase geakkommodeer word. Dié lys is op 27 Augustus 2012 in en rondom die dorp geadverteer. Volgens die verklaring het die munisipaliteit op 22 Augustus 2012 ’n openbare vergadering gehou waar die toekenning van huise en die waglys met die gemeenskap bespreek is..

Tussen 300 en 400 in­ woners van Klapmuts het Maandag op die R44 tussen Stellenbosch en Klapmuts betoog. FOTO’S: LEANNE STANDER/FOTO24

Die pad is met onder meer vullis en klippe be­ strooi. Die polisie moes traangas en rubberkoe­ els op die betogers ge­ bruik.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
EikestadNuus 5-10-12 by Eikestad Nuus - Issuu