NUUS NET VIR JOU
www.eikestadnuus.co.za
Klaviere te huur en te koop. Tel:021 887 2938 www.wheuer.co.za
Kylemore Vrydag, 7 September 2012
Helderberg
Jaargang 62 | Tel 021 887 2840
R5,00 (BTW ingesluit)
BINNE • INSIDE NUUS Lückhoff gedreig met bom bl.5
NEWS Japie talks Curiosity at SU p7 Massakoor oorgehaal vir Erfenisdag:
Die massakoor van sowat 700 leerlinge uit 16 hoër en laerskole in Stellenbosch sal een van die hoogtepunte van die Stellenbosch Erfenisfees op 24 September wees. Hulle sal om 17:30 in die Kruiskerk optree. Hier oefen Cloetesville Sekondêr saam met Makupula Senior Sekondêr in Kayamandi. Lees meer op bl.12. Foto: Lasche van Heerden
PADTEKENS VERWOES NUUS Top ‘ontrou vrou’dorp bl.3
SPORT Medaljeoes vir Maties in Londen bl. 40
Vandale slaan toe ELBÉ VAN HEERDEN
’n
VOERTUIG moes beduidende skade opgedoen het Woensdagnag toe talle padtekens in Van Riebeeckstraat in die dorp in ’n voorval van vandalisme verwoes is. Dit wil voorkom of ’n groot voertuig al met die straat langs gery het en seker gemaak het dat hy al die padtekens uit die grond uit ry. Die uitvoerende burgemeester, raadsheer Conrad Sidego, het die voorval van vandalisme ten sterkste veroordeel. Volgens munisipale woordvoerder, Vernon Bouwers, is die voorval om 07:00 Donderdagog-
gend by die verkeersdepartement aangemeld. “Die ingenieursafdeling is tans besig om die padtekens te vervang teen ’n koste van R600 elk. Indien die skuldige opgespoor kan word sal hy krimineel aangekla word, maar ook vir die rekening van die skade verantwoordelik gehou word. “Roekelose en nalatige bestuur sal nie geduld word nie.” Sidego het gesê: “Dit is skandelike gedrag. Ons moet dié houding wat eenvoudig net regulasies ignoreer begin bestry. Ons moet kyk na ons waardes en etiek. Doen die regte ding, omdat dit die regte ding is om te doen, nie omdat ’n verkeers-
beampte jou aftrek en beboet nie.” Mohamed Shaikh, woordvoerder van die Universiteit Stellenbosch, het in ’n verklaring gesê die bestuur van die universiteit handhaaf ’n zero-toleransie teenoor vandalisme van enige aard of die kwaadwillige beskadiging van eiendom. “Indien dit blyk dat die vandale studente van die Universiteit Stellenbosch is, moet die reg sy gang gaan waarna die universiteit na gelang van die uitkoms van die saak, gepaste stappe sal oorweeg.” Enigeen met inligting rakende die voorval kan Janine Waldis by die verkeersdepartement by 021 808 8815 bel.
Een van die stoptekens wat Woensdagnag uit die grond uit gery is. Foto: Elbé van Heerden