Laerskool stellenbosch 1 2014

Page 1

SKOOLKOERANT van LAERSKOOL STELLENBOSCH

EERSTE KWARTAAL 2014

Stellies het mev. Charné de Kock, mev. Suid-Afrika 2013/2014, se uitreikprojek vir die Rooikruis Kinderhospitaal ondersteun. Ouers en leerders het hulle harte oopgemaak en mildelik bygedra om kinderharte gedurende Valentynsdag gelukkig te maak. Geskenke en ‘n kontantbedrag was ingesamel. Baie dankie aan almal wat hierdie poging en dag spesiaal gemaak het. Almal se ondersteuning en goedhartigheid word opreg waardeer. Stellies het ook Valentynsdag op ‘n unieke wyse, met die tema “Crazy feet”, gevier. Was dit nou vir jou ‘n interessante tema. Leerders, sowel as die opvoeders, het met unieke idees na vore gekom. Vanaf geverfde voete tot Spar plastieksakke was tentoongestel. Daar was ook temawenners vir die dag aangekondig. Die graad 5B-klas het ‘n kreatiewe poging aangewend en almal in die klas het ‘n letter op hul voet geverf en aan die einde van die dag die woord Valentynsdag uitgebeeld. Baie geluk aan juf. Carlien Fourie en die leerders van graad 5B.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Laerskool stellenbosch 1 2014 by Eikestad Nuus - Issuu